Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Dié kinderboek-skrywer ‘het nie brieke nie’
’n Boek met rympies vir kinders deur Jaco Jacobs.

“Jaco Jacobs het gewoon geen brieke nie,” lui ’n mediaverklaring oor dié Afrikaanse kinderboekskrywer wat vandeesweek vir twee prestasies vereer is.

Dinsdagaand is twee van Jacobs se boeke op die jaarlikse Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings (Sala) bekroon nadat hy vroeër die week verneem het hy is vir die prestigeryke Carnegie-medalje vir die Engelse vertaling van sy boek ’n Goeie dag vir boomklim benoem.

Drie boeke is in die nuwe kinderboek-kategorie vir Sala-pryse vereer waarvan die kinderrympies Moenie hierdie boek eet nie! en die prenteboek Daar’s nie ’n krokodil in hierdie boek nie deur Jacobs geskryf en deurLapa uitgegee is.

’n Prenteboek deur Jaco Jacobs.

Marilyn Honikman se geskiedkundige roman There Should Have Been Five (Tafelberg Uitgewers) is ook bekroon. Sy en Jacobs deel die prysgeld van R30 000.

Jacobs het ná die prysoorhandiging gesê “geletterdheid is regtig ’n groot knelpunt in ons land. Dit is belangriker as ooit dat ons kinders moet lief maak vir lees en vir hulle goeie, toeganklike en eietydse leesstof moet bied. Ek is daarom regtig dankbaar dat die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings met dié nuwe kategorie erkenning gee aan die belangrike rol wat kinderboeke in ons samelewing én in ons letterkunde speel.”

Jacobs het vroeër vanjaar ook die Tienie Holloway-medalje vir Grom! en twee ATKV-Kinderboekpryse ontvang.

Boeke in al elf die amptelike tale kom vir die Sala-pryse in aanmerking wat op ’n spoggeleentheid in Pretoria oorhandig is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.