Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Die kop se verborge plekke

Fiksie

Bloedsuier

Leon van Nierop

PENGUIN, R230

Hoewel visueel bevredigend, kan die donker omslagontwerp van Leon van Nierop se jongste boek met die nogal angswekkende titel, Bloedsuier, voornemende lesers onnodig skrik op die lyf jaag.

Titel en tema kry in meer as een opsig ’n verrassend dieperliggende betekenis.

Maryke Lindeque en Lukas Beukman is albei hipnoterapeute wat in Johannesburg praktiseer. Dit was juis ’n lesing wat Lukas in Stellenbosch aangebied het, wat Maryke se belangstelling in hipnoterapie geprikkel het. Sowel Maryke as Lukas vind groot behae daarin om hul kliënte met behulp van ’n psigiese terapie, wat ’n mens na verborge plekke in die onderbewussyn neem, na genesing te lei. Dit is waar vrese, skuldgevoelens en allerlei ander onnodige neurotiese reaksies op lewensgebeure mense se daaglikse bestaan affekteer.

Maryke en Lukas is egter meer as kollegas, want hulle vriendskap neig in die rigting van ’n romantiese verbintenis.

Maryke en Lukas is egter meer as kollegas, want hulle vriendskap neig in die rigting van ’n romantiese verbintenis.

Maar voordat Cupido se pyltjies egter met sukses uit die koker gelanseer kan word, moet albei ook eers gebeure uit hul persoonlike verledes konfronteer en verstaan sodat dit nie belemmerend op die hede inwerk nie.

Intussen word Maryke dopgehou deur iemand wat van plan is om haar leed aan te doen. Om die tekens raak te sien, dit korrek te interpreteer en tydig daarop te reageer, is die wapentuig teen die aanslae van die lewe.

Bloedsuier is ongelukkig nie in alle opsigte bevredigend nie.

Bloedsuier is ongelukkig nie in alle opsigte bevredigend nie. Die probleem is nie die tema nie. Hipnoterapie word, as jy by die lastighede verby lees, interessant onder die loep geneem. Met die liefdesverhaal kan ook nie fout gevind word nie, die romantiese interaksie tussen Maryke en Lukas is welliswaar heerlike ontvlugtingsvermaak.

Wat die riller-elemente betref, gaan Van Nierop heel ekonomies te werk met die rekwisiete wat gevaar en bedreiging moet aktiveer. Ek dink hier aan die boomtakke wat op die dak krap, ’n swart kat, gate in ’n verlate huis se dak. Voeg hierby die stad Johannesburg wat lankal nie meer so ’n veilige plek is nie. Realistiese elemente dus wat binne die konteks gevaar veronderstel.

Met Bloedsuier gooi Van Nierop die net te wyd om storietyd op te maak. Wat in die slag bly, is ’n ritme met ’n volhoubare momentum. Die tonele in Amsterdam is nie heeltemal oortuigend nie en dit kry hopeloos te veel verteltyd. Hoe lui die gesegde, minder is dikwels meer. Ek het ’n strenger redakteurshand deur die hele teks gemis.

Met sinne soos “Jy kan ’n hele klerekas aan daardie skouers ophang”, beeldskone karakters en die stryd tussen goed en kwaad, sal getroue Van Nierop-lesers egter nie teleurgesteld wees nie.

Francois Bekker is ’n vryskutresensent van Pretoria.

Meer oor:  Leon Van Nierop  |  Francois Bekker  |  Bloedsuier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.