Poësie
Pleks van plaas
Jerzy Koch
Naledi, R240
Jerzy Koch, vertaler, digter, akademikus en hoof van die afdeling Nederlandse en Suid-Afrikaanse studies aan die fakulteit Engels van A. Mickiewicz-Universiteit in Poznan, skryf in sy eerste Afrikaanse digbundel onder meer oor sy familiegeskiedenis in Pole, maar die grootste deel van die bundel word in beslag geneem deur verse oor Suid-Afrika.
Dit sluit ook seegedigte in. Dit is nie net die branders wat sy “oor vang en oorrompel” nie, maar ook die Afrikaanse taal. Koch, wat Suid-Afrika sedert 1992 gereeld besoek, is ook die skrywer van ’n omvattende literatuurgeskiedenis oor Afrikaans.
-