Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Die skakerings van die liefde

Fiksie

Huisies van papier

Dalena Theron

PENGUIN, R200

Die groentjiejoernalis Anna is 22 en woon saam met haar twee pa’s en ’n onheilige horde honde en katte op ’n klein plekkie in KwaZulu-Natal.

Sy onthou hoe haar ouers se huwelik op die rotse beland het toe haar pa uit die kas geneuk het – ten aanskoue van konserwatiewe familielede, nuuskierige agies vir bure en haar boheemse ma, ’n skrywer wat nou op goeie voet met Anna se pa’s verkeer. Dis wel nie aldag maklik om kop of stert uit te maak van wat aangaan in so ’n huishouding nie.

Die roman werp die kollig op die liefde en familie in al sy kleurryke gedaantes.

Meer oor:  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.