
Nathan Trantraal is een van die wenners in die poësiekategorie.

Jonathan Jansen het in die kategorie vir kreatiewe nie-fiksie gewen.
Die wenners van die Suid-Afrikaanse Letterkundepryse (Sala) is pas bekend gemaak.
* Die skrywer en dramaturg Chase Rhys is vanjaar die wenner van die Sello Duiker-huldigingsprys vir sy roman Kinnes.
* Lebohang Masango wen die kinderletterkunde-prys vir Mpumi’s Magic Beads.
* Sally Partridge se Mine wen die kategorie vir jeugromans.
* Bongani Ngqulunga het die prys ontvang vir ’n debuutskrywer vir sy werk The Man Who Founded the ANC.
* In die poësiekategorie is daar drie wenners; Tony Ullyatt met An Unobtrusive Vice, Nathan Trantraal vir Alles het niet kom wod en Ayanda Billie vir Umhlaba umanzi.
* Charl-Pierre Naudé wen die romankategorie vir sy debuutroman Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey, so ook Sabata-mpho Mokae met sy roman Moletlo Wa Manong.
* Niq Mhlongo se Soweto, Under the Apricot Tree wen die Nadine Gordimer-prys vir kortverhaalbundels, sowel as die Herman Charles Bosman-prys.
* Michiel Heyns wen die vertaalprys vir sy vertaling van Willem Anker se Buys as Red Dog.
* Jennifer Malec en Wamuwi Mbao is albei bekroon vir hul werk in die afdeling vir boekejoernalistiek.
* Jonathan Jansen wen die kreatiewe nie-fiksie-prys vir As by Fire.
* Die skrywer Cyril Lincoln Sibusiso Nyembezi is postuum vir sy werk vereer.
* Louise Smit en Cornelius Tennyson Daniel Marivate is vir hul lewenswerk vereer.
Die pryse is Donderdagaand in die Ditsong Nasionale Museum van Kultuurgeskiedenis in Pretoria oorhandig.