Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Dié stories sal tieners lekker laat gril en ril

Kinder- en jeugfiksie

Die geheim van die nuwe hoof en Die been in die bos

Anzil en Keenan Kulsen

TAFELBERG, R140

Boeke wat op amper-tieners gerig is – soos die eerste twee boeke in Anzil en Keenan Kulsen se Bitterbos-reeks, met illustrasies deur Stephen Wallace – is belangrik.

Lesers in dié ouderdomsgroep het aanbeweeg van slaaptydsprokies. As die boeke wat hulle nóú lees, hulle verveel of koud laat, is hulle dalk permanent vir die boekewêreld verlore.

Maar hoe vermaak jy hulle?

Jy laat hulle skrik en gril, het die Kulsens besluit. Daarvoor skep hulle toe vyf amper-tiener-karakters, al vyf leerlinge aan die Laerskool Bitterbos.

In Die geheim van die nuwe hoof word ’n nuwe skoolhoof op die leerlinge losgelaat: mevrou Bosman is groter as lewensgroot, met ’n wilde haarstyl en ’n dolk van ’n neus.

Sy is geheimsinnig, doen boaardse dinge en hou van ontploffings: hoe groter, hoe beter. Wie of wat is sy regtig?

Sy is geheimsinnig, doen boaardse dinge en hou van ontploffings: hoe groter, hoe beter. Wie of wat is sy regtig?

Die groepie probeer op haar spioeneer, maar vergeefs. Hulle kom net dieper in die moeilikheid. Die antwoord lê, soos dit hoort, eers aan die einde van die laaste hoofstuk.

In Die been in die bos kampeer die Bitterbosbende teen ’n rivier. Die eerste dag is jolig – dan gebeur daar oënskynlik onverklaarbare dinge, soos ’n trein wat voortjaag sonder treinspore. ’n Verwoede hond, ’n geheimsinnige omie en ’n mens se femurbeen voltooi die prentjie. Selfs die internet kan nie verklaar wat aan die gang is nie.

Die bende se nuuskierigheid en avontuurlus laat hulle knaend in die moeilikheid beland.

Dié stories is verbeeldingryk, boeiend en prettig, perfekte oorgangstories vir jong lesers wat nog dromerig is van sprokiesfantasië en nog nie gereed is vir ernstiger jeugverhale nie.

Die Kulsens gesels in ’n helder kinderstem met hul lesers. Wallace se illustrasies vul die verhale perfek aan. Spookstories is deel van ons kultuur en hierdie twee is baie welkom.

J.B. Roux is ’n vryskutresensent van Riebeeck-Wes.

Meer oor:  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.