Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Digter sterf wie se gedig mense in pandemie bemoedig het

Die Ierse digter Derek Mahon (78), bekend om die gedig “Everything Is Going to be Alright”, wat mense in die Covid-19-pandemie bemoedig het, is dood.

Gallery Press, sy uitgewer, sê in ’n verklaring hy is Vrydag in sy huis in Kinsale in die suidweste van Ierland aan natuurlike oorsake dood.

Stephen Enniss, skrywer van die biografie, After the Titanic: A Life of Derek Mahon, het ook sy dood bevestig.

Die gedig het die afgelope jaar opnuut aandag getrek nadat Mahon dit in Maart in die tyd wat die pandemie uitgebreek het op ’n nuusuitsending voorgelees het.

Die versreël “the sun rises in spite of everything” het mense veral geraak.

Neil Genzlinger skryf in die New York Times Mahon se gedigte is sowel liries as pessimisties; somber én gevat. Dit het ’n klassieke struktuur, maar dit bestaan uit hedendaagse temas.

Mahon se gedigte bevat dikwels persoonlike duiwels, maar ook duiwels van die moderne geskiedenis. In teenstelling met moderne poësie rym sy verse dikwels.

Hy het ook gedigte en toneelstukke vertaal.

“Everything Is Going to Be All Right” lui:

How should I not be glad to contemplate

the clouds clearing beyond the dormer window

and a high tide reflected on the ceiling?

There will be dying, there will be dying,

but there is no need to go into that.

The poems flow from the hand unbidden

and the hidden source is the watchful heart.

The sun rises in spite of everything

and the far cities are beautiful and bright.

I lie here in a riot of sunlight

watching the day break and the clouds flying.

Everything is going to be all right.”

Die Ierse digter Derek Mahon is Vrydag dood.

Mahon is op 23 November 1941 in Belfast, Noord-Ierland, gebore. Hy het aan die Trinity College in Dublin studeer.

Sy debuutdigbundel, Twelve Poems, het in 1965 verskyn.

Met sy bundel Night-crossing (1968) het hy veral kritici en poësieliefhebbers laat regop sit.

Ander bekende gedigte sluit in “A Disused Shed in County Wexford,” wat een van Ierland se bekendste verse is.

Poetry Ireland sê sy invloed op sowel die Ierse poësiegemeenskap as die literêre wêreld en sy nalatenskap is reusagtig.

Niamh O’Donnell, direkteur van Poetry Ireland, sê Mahon was ’n nederige waarnemer van die wêreld.

“Hy is een van daardie uitstaande digters uit Noord-Ierland wat in die 1960’s en 1970’s prominent geword het. Sy nalatenskap bestaan uit ’n ongelooflike versameling werke met insig en wysheid, tesame met soveel verse wat by mense van oor die wêreld heen aanklank vind, ook die generasies wat sal volg.”

Die Ierse president, Michael D. Higgins, ook ’n digter, sê Mohan kon ’n maklike vertroudheid met die klassieke werke skets, maar hy kon ’n gevatheid en varsheid na vore bring wat waarnemend én uitlokkend is.

Mahon word oorleef deur sy lewensmaat, Sarah Iremonger, en drie kinders. – saamgestel deur AJ Opperman

Bronne: ABC News, New York Times, New York Daily News, Independent.ie

Meer oor:  Covid-19-Pandemie  |  Poësie  |  Ierland  |  Boeke  |  Skrywers  |  Digters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.