Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Dis nooit te laat om te begin dig nie
Verlede jaar se wenners in die kategorie vir volwassenes (die eerste prys is gedeel) is van links Elsie Maxwelltown, Leila Witkin (borg) en Janine Milne. Foto: Dani’s Photos

Elke digter moet iewers begin. Die ideale geleentheid is om deel te neem aan die Gedigte in McGregor-kompetisie wat vanjaar die sesde keer gehou word.

Daar is jaarliks ’n kompetisie met kontantpryse vir digters wat nog nie voorheen hul werk gepubliseer het nie. Vanjaar se tema is “Die klank van water/The Sound of Water”. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Mei.

Die Gedigte in McGregor-naweek word van 24 tot 26 Augustus gehou.

Mense wat lief is vir die digkuns kan die naweek bywoon waar verskeie bekende digters gaan optree. Hulle sal uit hul werk voorlees. Op die program vanjaar is onder andere Kobus Moolman, Galeo Saintz, Douglas Reid Skinner, Patricia Schonstein, Margot Luyt, Toast Coetzer, Erns Grundling, Joan Hambidge en Lara Kirsten.

Gedigte vir die kompetisie kan in Afrikaans of Engels wees. Daar is afdelings vir volwassenes en leerlinge en die eerste prys in eersgenoemde afdeling is R5 000 en R2 500 vir die wenner in die skolekategorie.

Die prysgeld word deur Leila Witkin geborg. Sy sê in ’n mediaverklaring dat hierdie projek deur die organiseerders van die McGregor Gedigtefees, die MAC Projek (McGregor Arts Community Project), haar na aan die hart lê.

“Daar is soveel talent in Suid-Afrika om te ontgin. Dit kan vir baie aspirantdigters ’n heerlike hupstoot wees om in te skryf. Dis ’n begin.”

Inskrywings kan per e-pos gestuur word na mcgpoets@gmail.com of per pos na Posbus 361, McGregor 6708 of faks dit na 086 756 0864.

Vir meer inligting en die kompetisiereëls besoek http://poetryinmcgregor.co.za/2018-poetry-competition/

Die finaliste sal teen 20 Junie aangekondig word en word dan genooi om die prysuitdeling ten tyde van die Gedigtefees by te woon.

Kaartjieverkope open in Julie by Computicket. Vir verblyf gedurende die feesnaweek, bel McGregor se toerismekantoor by 023 625 1954.

Meer oor:  Digkuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.