Tienerfiksie (14+)
Absoluut Einstein
Christien Neser
Tafelberg, R180
Die outistiese Micha van Amper Einstein (2013) is in Absoluut Einstein in gr. 9, met matriek-IT onder die knie.
In sy nuwe skool moet Dylicia ’n ogie oor hom hou.
Sy is die enigste meisie in die robotikagroep wat vir Grottobot Fest ’n robot bou en programmeer. Wanneer die Vuilhonde en Micha koppe stamp, is Dylicia in die middel vasgevang.
Christien Neser is ’n spraakterapeut van Bryanston, Johannesburg. Haar eerste boek, Kondensmelk (Lapa), het in 2009 verskyn. Dit was die begin van die gewilde Elle-reeks.