Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Dolf van Niekerk in hoësorg met C-19
Dolf van Niekerk

Die skrywer Dolf van Niekerk (91) is positief vir Covid-19 getoets.

Hy is tans in isolasie in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Pretoria, sê sy dogter, Stephanie van Niekerk.

“Ons het Woensdagoggend uitgevind dat hy die virus het,” sê sy.

“Ons kan hom uiteraard nie op die oomblik sien nie.”

Gordelroos is sowat drie weke gelede ook by hom gediagnoseer.

“Dit het nie beter geword nie. Hy is na ’n ander dokter wat gesê het daar is probleme met sy longe.”

Van Niekerk was benewens sy skryfwerk direkteur van die Direktoraat Landbou-inligting.

Hy en sy vrou, Rita, woon in Murrayfield in Pretoria.

Twee boeke het verlede jaar – die jaar waarin hy 90 jaar oud geword het – uit sy pen verskyn: ’n bundel outobiografiese kortverhale, Legkaart van ’n jong lewe, en ’n digbundel, Berigte uit die skemerland.

Hy is bekend om romans soos Kroniek van Turf en Die son struikel. In sy loopbaan is hy onder meer met die Eugène Marais-prys en MER-prys bekroon.

Vier van sy vyf kinders het in 2017 vir hom ’n konsert, Nag op ’n kaal plein, wat uit kuns, musiek en poësie bestaan, in die Brooklynteater in Pretoria aangebied. Dit is ook die titel van ’n digbundel van hom.

“Gebede en goeie wense word besonder waardeer,” sê Stephanie.

“Tog vra die familie dat hul privaatheid asseblief gedurende hierdie tyd gerespekteer word.”

Meer oor:  Dolf Van Niekerk  |  Pretoria  |  Covid-19  |  Skrywers  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.