Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Dolf van Niekerk ontvang eerbewys van UV

Die skrywer dr. Dolf van Niekerk (92) is Maandag deur die Universiteit van die Vrystaat (UV) met ’n eredoktorsgraad in die lettere vereer.

Die UV sê in ’n verklaring hy vereer Van Niekerk, wat in Edenburg in die Vrystaat grootgeword het, vir sy jare lange werk as digter, kortverhaal- en storieskrywer.

“Oor die jare heen het ons hom sien floreer op die radiogolwe, boekrakke en in die akademiese rangordes.

“Sy werk sluit 27 boeke in wat oor die spektrum van filosofie, digkuns, fiksie, drama en memoires strek. Elk waarvoor hy talle pryse ingeryg het.”

Dolf van Niekerk Foto: Argief/Enya Jansen van Vuuren
Dolf van Niekerk Foto: Argief

Dit sluit die Eugène Marais-, M.E.R.- en die Scheepers-prys vir jeugliteratuur in.

Voor Van Niekerk se aftrede in 1994 was hy ’n emeritus professor aan die Universiteit van Pretoria (UP).

Dr. Dolf van Niekerk
Van Niekerk is deur die Universiteit van die Vrystaat met ’n eredoktorsgraad in die lettere vereer.

Die UV se gradeplegtigheid sal weer vanjaar aanlyn geskied. Vandeesweek se seremonies is egter die grootste tot dusver en sluit studente in wat aan die einde van 2020 hul grade verwerf het.

Prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier, sê hy is geïnspireer deur die studente se ongelooflike deursettingsvermoë en die waagmoed waarmee hulle deur die alomveranderende lewe gaan.

“Dit is ons vierde aanlyn gradeplegtigheid en hoewel die studente met tye onseker was oor die toekoms, het hulle bloot geweier om moed op te gee. In plaas daarvan het die studente besluit om met waagmoed aan hul eie toekoms te beplan en te bou,” sê hy.

Eredoktorsgrade word ook aan Mohammed Yacoob, voormalige regter in die konstitusionele hof, en aan die sakeman Sipho Mila Pityana, toegeken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.