Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Drie skrywers bekroon vir jeugverhale
Jan Vermeulen

Om die drie wenners in Lapa se jeugverhaalkompetisie van 2017 te kies, moes die beoordelaars deur 90 inskrywings sif. Uiteindelik het Jan Vermeulen die eerste plek en R25 000 gekry, Zelda Bezuidenhout is tweede en ontvang R15 000 en Nanette van Rooyen kry R10 000 vir die derde plek.

Vermeulen se wenwerk, Oopmond, gaan oor Madelaine Taaibosch wat sewe maande ná haar hartoorplanting vermoed sy het ’n gebroke hart gekry. Sy sien vreemde dinge uit die verlede en in die toekoms.

Vermeulen het in 2015 dieselfde kompetisie met Asem gewen en is voorheen twee maal met die Sanlamprys (goud in 2000 en silwer in 2017), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en ’n ATKV-kinderboekprys bekroon.

In Maart verskyn Vermeulen se spanningsverhaal, Die vyfdeAspoester, by Lapa.

Bezuidenhout het die tweede plek met ’n debuutjeugverhaal, As ’n mens geluk kon eet, verower. Dit is ’n humoristiese en deernisvolle grootwordverhaal oor Arnelia se nuwe begin in ’n nuwe skool in gr. 9. Sy begin ’n kostrok, kry die hoofrol in die skool se musiekspel, verloor haar hart op ’n ou met ’n skewe James Franco-glimlag, en vind meer uit oor haar afwesige pa.

Volgens die beoordelaars is dit ’n “eerlike, vars, onopgesmukte storie wat jou telkens hardop laat lag”.

Bezuidenhout, wat in Parys in die Vrystaat woon, sê die ATKV-skryfskool aan die Noordwes-Universiteit was vir haar ’n waterskeidende leerskool.

Van Rooyen het die derde plek met haar jeugroman Die sewentiende veer ingepalm. Dit is ’n “delikate” verhaal oor twee tieners wie se lewens verstrengel raak – Lara wat in haar vrye tyd by ’n tatoeëersalon werk en wonder oor die pa wat sy nooit gehad het nie, en Alex wat uit ’n kinderhuis kom, ’n vreemde fassinasie met uile het en lyk asof hy Lara agtervolg.

Die keerpunt in die verhaal is 16 hartroerende briewe wat Lara op ’n ontdekkingstog na haar verlede lei.

Van Rooyen het in 2011 die Lapa-jeugromankompetisie gewen met Ek was hier, haar kortverhaaldebuut Om te vlerk (2002) is met die RAU-Mardene Marais-prys bekroon, en sy is die skrywer van verskeie kinderboeke asook die volwasse roman Chinchilla.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.