Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Dubbele dosis vir tussen die lakens

Fiksie

Ultrasatyn 3

Lucille du Toit & Elsa Winckler

ULTRASATYN, R235

Die Afrikaanse liefdesverhaal het inderdaad grootgeword. Witwarm erotiek kenmerk Ultrasatyn 3, ’n samestelling van Lucille du Toit se Syne vir altyd en Elsa Winckler se Die drieweek-reëling.

In Du Toit se verhaal word Bianca Olivier in ’n vreemde bed wakker. Sy het te veel vonkelwyn gedrink en kan nie onthou wat sy en Gideon Vermeulen ná haar vriendin Tess se verlowingspartytjie aangevang het nie. Nou moet sy Tess se troue op Gideon se plaas reël. Hoe kyk sy hom in die oë?

In Elsa Winckler se Die drieweek-reëling aanvaar Ella du Toit – ’n entoesiastiese bloemiste – ’n werk as beleggingsontleder in Londen. Sy voel skuldig oor haar pa vir haar BCom-studie betaal het en wil boonop van Quinn Sutherland af wegkom. Beslis nie verlief raak nie. Sal hormone haar Londense werk in die gedrang bring?

Seksuele beskrywings kan maklik kru in Afrikaans oorkom, maar die nuwe terminologie in Ultrasatyn 3 laat dié tonele – wat ook goed gemotiveerd is – gloei.

Natuurlik seëvier die liefde. Hóé is die uitdaging. In albei verhale slaag die aanvanklike antagonisme tussen geliefdes.

Die karakters is modern en loopbaangerig. Vroue is uiteindelik uitgesproke oor hul lyflike behoeftes.

Die karakters is modern en loopbaangerig. Vroue is uiteindelik uitgesproke oor hul lyflike behoeftes.

Dis ontspanningsfiksie, ja, maar die oormaat clichés hinder tog. Hare krul “weerbarstig” en een klou “krampagtig” of “verbete” vas. Tog weet die skrywers hóé: ’n Karakter “byt” byvoorbeeld “ ’n vloekwoord tussen haar voortande vas”.

Byvoeglike naamwoorde is soms oorbodig en te veel droë of dor kele en monde kom voor. Beskrywings soos “Hitte, honger, passie en ’n amperse wanhoop – dit is wat sy proe . . .” is net te dramaties.

Maar in sy geheel gesien, verruim Ultrasatyn 3 myns insiens die Afrikaanse liefdesverhaal-genre.

Riette Rust is ’n skrywer en vryskutresensent van Welgemoed in die Kaap.

Meer oor:  Boeke  |  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.