Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Eerlik, roerend met ’n vonkel
Wanneer water wyn

Niefiksie

Wanneer water wyn word

Vivian Kleynhans

LUX VERBI, R230

Wanneer water wyn word is die lewensverhaal van Vivian Kleynhans soos vertel aan Jacqueline Leuvennink. Kleynhans is een van Suid-Afrika se suksesvolste wynhandelaars wie se wyn selfs na die VSA uitgevoer word.

Vivian se vroegste jare was nederig en moeilik en is erger gemaak deur haar velkleur – en wie kan nou nee sê vir ’n lekker armoede-tot-rykdom-storie, veral een wat op die waarheid gegrond is? Om van ’n armoedige agtergrond tot ’n internasionaal erkende sakevrou te vorder, is ’n amperse wonderwerk.

Vivian word op Paternoster, ’n gehuggie aan die Weskus, groot as een van sewe susters (later kom daar ’n boetie by).

Haar pa werk by die visfabriek; haar ma is ’n fanatiese huisvrou. Die gesin eet hoofsaaklik uit die see. Die susters word streng en “te ernstig” (om die bure aan te haal) grootgemaak.

Vivian verlaat skool om die geldelike druk op die gesin te help verlig. Sy kry werk by ’n meubelwinkel. Haar pa verloor sy werk en die gesin moet die fabriekshuis ontruim. Hulle trek Vredenburg toe en moet rondval vir tydelik blyplek.

Een van die ouer, wit werknemers by die meubelwinkel reël dat die Kleynhanse by ’n huis intrek en haar pa weer werk het, maar dié “beskermengel” stel in meer as ’n werksverhouding met Vivian belang.

Vivian se pad kronkel verder. Daar is goeie tye en slegte tye, maar eindelik vind sy geluk. Of liewer: Sy “maak” haar eie geluk. Dis nie ’n vrou hierdie wat haar laat onderkry deur watter hindernisse ook al op haar lewenspad geplaas word nie. Ook toe sy die wynbedryf betree, is daar terugslae.

Vivian Kleynhans se verhaal is, eerlik, bemoedigend, roerend en met ’n vonkel in die oog; Jacqueline Leuvennink se vertelling is onderhoudend en sy slaag daarin om Kleynhans se unieke “stem” te behou.

J.B. Roux is ’n vryskutresensent van Riebeek-Wes.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.