Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Elsa Joubert dankbaar vir ATKV
Elsa Joubert Foto: Natalie Gabriels

Die versoeking is sterk en nog steeds daar om ’n emosie of ’n gedagte in woorde te wil uitdruk, sê Elsa Joubert (95).

Dié bekroonde skrywer het die naweek vir haar boek Spertyd die ATKV-Woordveertjie vir beste niefiksieboek gewen.

“Erkenning beteken altyd baie vir ’n skrywer,” sê Joubert. “Jy voel jy het ’n hele klomp vriende bygekry. Vir my is dit besonders omdat die Veertjie van die ATKV kom. Ek wil hulle bedank vir die wonderlike werk wat hulle doen vir die bevordering van die Afrikaanse taal. Ook wil ek die ATKV aanprys vir die verskeidenheid Veertjies wat hulle toeken. Dit bemoedig jong skrywers om in alle genres te skryf en daardeur die leeskultuur te voed.”

Spertyd (Tafelberg), wat tans op RSG voorgelees word, is die derde aflewering in haar outobiografiese drieluik en volg op ’n Wonderlike geweld en Reisiger.

“Ek skryf tans nie aan iets lanks nie. Daarvoor het ’n mens baie reserwe-energie nodig, wat ek nou nie het nie. Maar dit gee soveel vreugde om dit te doen. Ek maak selfs kinderrympies op om met woorde te kan speel.”

Joubert is veral bekend om haar roman Die swerfjare van Poppie Nongena. Daarbenewens is sy ook die skrywer van romans soos Bonga en Die reise van Isobelle, waarvoor sy die Hertzogprys ontvang het

Spertyd deur Elsa Joubert.

Joubert is stellig ’n goeie waarnemer.

“Daar is dikwels stimuli in waarneming en emosionele betrokkenheid, al is dit net ’n glimp van ’n uitdrukking of ’n betekenisvolle glimlag, wat die sterk moontlikheid van ’n storie laat opdoem. Egter nog niks so sterk dat dit ’n hele lange novelle sou kon dra nie.”

Dit was nie vir haar moeilik om Spertyd ná die skryf daarvan af te gee nie.

“As jy weet ’n stuk is afgehandel, die moontlikhede is na die beste van jou vermoëns vervul, is dit soms selfs ’n verligting om dit aan te gee en afskeid te neem.”

Joubert luister egter nie na die radiovoorlesing nie.

“Ek wil nie my blootstel aan die selfkritiek wat ek weet sal kom as ek voel ek kon iets op ’n beter manier gestel het nie.”

* Spertyd word weeksoggende om 10:45 deur Rika Sennett op RSG (100 tot 104 FM) voorgelees.

Meer oor:  Atkv  |  Rsg  |  Elsa Joubert  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.