Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
En die luisterboek vir April is...

Intekenare kan in April na Man van Cirene op Netwerk24 luister.

Dié klassieke topverkoper deur F.A. Venter is Netwerk24 se luisterboek van die maand. Intekenare kan tot 30 April gratis na ’n voorlesing van dié boek op Netwerk24 luister.

Man van cirene
Waaroor gaan dit?

Simon van Cirene word beveel om Jesus se kruis op pad na Golgota te dra. Simon, die een wat nie glo nie.

Maar hoe kan ’n mens onveranderd gelaat word deur ’n ontmoeting met Christus? Dit is die verhaal van Christus se aanslag op ’n heidense wêreld. Dit is ’n beeld van wroeging en botsing en van haat en liefde, van ongeloof en nyd teenoor katarsis en geloof.

Maar veral is dit die verhaal van verlossing: die sege van die gees oor die aardse.

Meer oor die skrywer

Venter (1916 – 1997), het veral bekend verwerf met sy geskiedkundige romans, kortverhale en jeugboeke. Hy het die Hertzogprys vir prosa ontvang vir Swart pelgrim en Geknelde land, asook die Andrew Murray-prys vir sy outobiografie, Die keer toe ek my naam vergeet het.

Spring gou om Maart se boek te luister!

Lesers het tot die einde van Maart (31 Maart) na Dalene Matthee se bosroman, Kringe in 'n Bos.

Klik hier om die boek te luister.

Het jy die vorige luisterboeke op Netwerk24 misgeloop?

Moenie bekommerd wees nie! Hoewel die Afrikaanse luisterboeke net vir ’n maand gratis op Netwerk24 beskikbaar is, is die boeke steeds op Audible te koop.

Klik hier om die verskillende boeke te koop:

JULIE 2019: Op pad deur Dana Snyman

AUGUSTUS 2019: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse

SEPTEMBER 2019: Kamphoer deur Francois Smith

OKTOBER 2019: Stormkind deur Riana Scheepers

NOVEMBER 2019: Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis

DESEMBER 2019: Die blou van onthou deur Marita van der Vyver

JANUARIE 2020: Eindspel van Wilna Adriaanse en Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert

FEBRUARIE 2020: Plekkie in die son deur Ena Murray en 'n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo.

MAART 2020: Kringe in 'n Bos deur Dalene Matthee.

Meer oor:  Luisterboeke  |  Nw24luisterboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.