Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
eNuus-man wen Ingrid Jonker-kompetisie
Ingrid Jonker

Nie net is Johann van der Walt as die wenner van die eerste Ingrid Jonker L’Art Poetique-poësiekompetisie aangewys nie, maar ’n uitgewer stel boonop belang in die manuskrip van ’n digbundel uit sy pen.

“Ek is nog onseker oor wat en wanneer, maar ’n uitgewer stel baie belang in wat ek geskryf het,” sê Van der Walt (34), ’n videoredigeerder by eNuus wat Saterdag die kompetisie gewen het waarvan Simone Garcia Marques (née Venter), die digter Ingrid Jonker se dogter, die hoofbeoordelaar is.

“Die feit dat Ingrid Jonker se naam aan die kompetisie gekoppel word, was ’n groot aansporing om vir die kompetisie in te skryf. Ek het dit eintlik nog nie verwerk

Die digbundel Die môre is jy saamgestel deur Zalman S. Davis.

dat ek gewen het nie. Dit moet nog insink en ’n mens staan nie stil nie, maar wat ’n voorreg.”

’n Kortverhaalwedstryd, Croyez-stories, is ook geloods en Trisa Hugo is Saterdag as die wenner aangewys. Meer as 570 inskrywings is altesaam vir die poësie- en kortverhaalkompetisie ontvang, waarvan die jong uitgewer Zalman S. Davis die sameroeper is.

Die kortverhaalbundel Croyez Stories.

In die kortverhaalkompetisie was Rosalee Meyer tweede en Elsabé Kruger derde en in die poësiekompetisie was Elna Kruger tweede en Werner Wehmeyer derde.

Altesame 24 gedigte is gekies vir die bundel Die môre is jy en 22 kortverhale is vir die bundel Croyez Stories gekies. Die topgedig en -kortverhaal uit die onderskeie bundels is toe Saterdag aangewys.

Carla van der Spuy, Dibi Breytenbach en Karin Behrens was die beoordelaars van die kortverhaalkompetisie.

Simone Garcia Marques
Simone Garcia Marques, Ingrid Jonker se dogter. Foto: Carla van der Spuy

“Ek het die poësie- en kortverhaalkompetisies begin om ’n platform vir opkomende digters en skrywers te skep,” sê Davis.

“Nie noodwendig jong skrywers nie, maar opkomende skrywers,” sê hy oor die kompetisie waarvoor inskrywings ook uit lande soos China en Ierland ontvang is.

“ ‘Croyez’ beteken ‘glo’ in Frans. My doelwit is om mense te laat glo in hul werk. Jy moet glo in jou werk, jy moet glo dat jy die potensiaal het om as digter of skrywer geag te word. Maar die bedryf is baie moeilik om by in te kom.”

“L’Art Poetique” is ook ’n gedig deur Jonker waarna haar biograaf Petrovna Metelerkamp in Ingrid Jonker: ’n Biografie (Penguin, 2018) in haar voorwoord verwys.

Davis het Garcia Marques genader om ’n beoordelaar te wees en sy het dadelik ingestem.

“Ek het gevoel dat alle groot digters in ’n stadium aspirantdigters was,” sê Garcia Marques, “en daarom wou ek saam met hom werk. Ek dink dit is ’n wonderlike manier om vir digters ’n voet in die deur te gee.

Dit was ’n moeilike keuse, want die digters het uit hul hart geskryf en dit is vir my mooi hoe hulle my ma wil eer. Ek het gesoek na gedigte wat helder is en waarvan die inhoud goed is – ’n gedig wat my raak, wat met my raat.”

Van der Walt het sy eksemplaar van die bundel Die môre is jy ná afloop van die aand na Garcia Marques geneem.

“Ek het my boekie na haar geneem om te teken en ons het ’n paar minute oor my gediggie gesels. Dit was juis met die lees van (Jonker se gedig) ‘Bitterbessie dagbreek’ deur ’n onderwyser toe ek op skool was waar my belangstelling begin het. Ingrid kon gewone woorde gebruik en daarmee ’n impak maak. Sy het iets gehad om te sê en die gewone mens kan iets daaruit kry.”

* Die wenners van die twee onderskeie kompetisies het met hierdie pryse weggestap:

Eerste plek: R2 000, boekgeskenkpak en trofee, plus publikasie in die bundel.

Tweede plek: R1 000, geskenkpak, ’n sertifikaat, plus publikasie in die bundel.

Derde prys: R500, geskenkpak, ’n sertifikaat, plus publikasie in die bundel.

Lapa Uitgewers het die boeke vir die Croyez-prys geskenk en Naledi Uitgewers het die boeke vir die Ingrid Jonker L’ Art Poétique-poësiekompetisie geskenk.

* Inskrywings vir die tweede L’Art Poetique-kompetisie open op 12 Augustus en inskrywings sluit op 12 Januarie.

Stuur ’n e-pos aan croyezlitaward@classicmail.co.za om in te skryf.

Meer oor:  Ingrid Jonker  |  Poësie  |  Gedigte  |  Enuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.