Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Erskine vlieg 2 keer met sy Veertjies
Marion Erskine Foto: Sonya Olivier

Die skrywer Marion Erskine het met sy ontvangs van ’n ATKV Woord- én Media-Veertjie in dieselfde jaar sy eie vlerke teruggekry.

Erskine het Vrydag in Stellenbosch vir sy jeugboek Vlerke vir almal die Woord-Veertjie in die Selfleeskategorie: gr. 8 tot 10 gewen nadat hy in Mei vir sy radioriller Akwarius (op RSG) ’n Media-Veertjie vir beste teks van ’n radiodrama of radioteater ontvang het.

Dit is vir Erskine, ’n onderrigbeplanner in Doebai, veral ’n eer om dié twee Veertjies in een jaar te kon wen omdat die afgelope jaar vir hom uitdagend was.

“My eie vlerke is ’n paar keer ’n bietjie gekraak. Ek is besig met nog ’n herstrukturering by die werk en ek eet stres vir ontbyt en aandete. Wanneer ’n mens se lewe in so ’n warboel is, begin jy meer en meer in jouself twyfel en my selfversekerdheid het ’n groot knou weg.

“Die prys was dus ’n lewensredder, veral omdat ek geweet het Vlerke vir almal ding mee met tien baie goeie boeke in dieselfde kategorie. Die feit dat die jong lesers self gestem het vir hul gunstelingboek, is beslis ’n wonderlike gevoel. Hulle voel my boek het waarde en hulle vertrou my met sulke sterk temas. Dis die beste geskenk waarvoor ek kon hoop.”

Sy boek, wat ook vanjaar as toneelstuk op die US Woordfees in Stellenbosch gedebuteer het, raak temas aan soos kuberboelies en selfdood onder tieners.

Vlerke vir almal deur Marion Erskine.

Hy het agterin Vlerke vir almal (Human & Rousseau, 2017) die boelies uit sy jeug bedank, maar op die toekenningsgeleentheid in die H.B. Thom-teater “het ek nie die boelies na die verhoog saamgenooi nie”.

“Toe ek die nuus die eerste keer hoor, kon ek dit amper nie glo nie,” sê Erskine.

“Toe ek saam met Irma Joubert, Etienne van Heerden en Louise Smit op die verhoog staan vir ’n foto, was ek heeltemal star struck. Hier staan ek tussen van die grootste stemme van ons tyd. Ek het hul boeke op skool gelees. My idole. Ek het skoon aan die bewe gegaan.”

Erskine skryf ook aan ’n nuwe storie. Hy werk aan ’n paar idees en het ’n nuwe manuskrip, en dié storie sal ook ’n paar ongemaklike temas belig.

Meer oor:  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.