Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Finaliste in Sanlam-jeuglektuur

Die finaliste in die Sanlam-pryse vir jeuglektuur is Maandag aangekondig.

Hulle is uit 95 manuskripte – meestal debuutwerke – aangewys.

NB-Uitgewers

Die kompetisie wil die ontwikkeling van gehalte-inheemse leesstof vir lesers tussen 12 en 18 jaar te bevorder.

Inskrywings is dan ook in nege van die Suid-Afrika se 11 amptelike tale ontvang.

Die pryse word in drie kategorieë toegeken: Engels, Afrikaans en Afrikatale. ’n Wenner (goud) en naaswenner (silwer) word in elke kategorie aangewys.

Die finaliste (in alfabetiese volgorde volgens skrywer):

Afrikaans

• Faeed Amardien van Parkwood Estate, Kaapstad vir Life is ’n biets

• Marissa Badenhorst van Potchefstroom vir Akwa

• Annerle Barnard van Bloemfontein vir Spel

• Elanie Boshoff van Newcastle vir 56 dae van Lente

• Ihette Senekal van Colbyn, Pretoria, vir Vyf sekondes voor Vrydag

• Betsie van Niekerk van Malmesbury vir Anderkind

Engels

• Jayne Bauling van Witrivier vir Looking for Letsie

• Jaco Fouché van Hermanus vir The Kowie

• Catherine Jarvis van Orange Grove, Johannesburg vir The Swim Team

• Fred Khumalo van Wendywood, Johannesburg vir Crossing the River

• Penny Lorimer van Kaapstad vir Luntu Masiza Tells the Truth

• Lwazi Msimango van Umlazi vir The Firstborn

Afrikatale

• Musa Baloyi van Malamulele vir Tinsimu to Pfumala Mphumawulo (Tsonga)

• Othusitse Lobelo van Delareyville vir Maru ga se pula (Tswana)

• Maledimo Moeng van Pretoria vir Eish, Eish, Eish (Pedi)

• Sandile Ngwenya van Newcastle vir Imali Yesipoki (Zoeloe)

• Thulani Simayile van Eersterivier, Kaapstad vir UNolali (Xhosa)

• Francis Tebesi van Tembisa vir Likhapha tsa mofutsana ha li rothele fats (Sotho)

“Die kortlyste is eklekties, met groot diversiteit wat styl en temas betref,” sê Michelle Cooper, uitgewer van kinder- en jeuglektuur by Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers, in ’n verklaring.

“Die genres wissel van geskiedkundig tot modern en van magiese realisme tot distopies. Grootwordverhale is volop en talle skrywers verken die werklikhede waarmee jong mense in Suid-Afrika gekonfronteer word, soos rassisme, ’n lewe op straat, xenofobie, mensehandel en HIV. Daar is werklik ’n storie vir almal.”

Mariska Oosthuizen, handelsmerkhoof van Sanlam, sê: “As ’n doelgedrewe organisasie is ons daartoe verbind om Suid-Afrikaners te bemagtig om met selfvertroue te lewe. Ten einde selfvertroue by kinders te kweek en kernvaardighede te ontwikkel, is dit noodsaaklik dat ons dit vir kinders moontlik maak om in hul huistaal te leer. Ons glo elkeen verdien ’n gelyke kans op ’n beter lewe deur ekonomiese insluiting.”

Volgens Oosthuizen is een van die beste maniere om stukrag aan volhoubare sosio-ekonomiese insluiting te gee om ’n hoër vlak van geletterdheid te bevorder.

“Om te lees met begrip en robuuste syfer- en finansiële vaardighede te kweek. Ons vier al die skrywers wat so hard werk om boeke te skep wat ons jong mense aangryp en inspireer.”

Die wenners word in Oktober bekend gemaak. Die prysgeld beloop altesaam R90 000: R20 000 vir die wenner (goud) en R10 000 vir die naaswenner (silwer) in elke kategorie. Die wentitels word deur Tafelberg uitgegee en verskyn ook in Oktober 2021.

Die Sanlampryse vir jeuglektuur is in 1980 begin en word tweejaarliks toegeken. Burgers van Suid-Afrika, Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland mag deelneem met inskrywings in enige van Suid-Afrika se 11 amptelike tale. Manuskripte word anoniem beoordeel.

Meer oor:  Tafelberg  |  Sanlam  |  Nb-Uitgewers  |  Jeuglektuur  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.