Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Flori en Koelsoem se nuwe koekboek op die mark
Koelsoem Kamalie (69) en Flori Schrikker (65) met hul splinternuwe kookboek. Foto: Lulama Zenzile

Bak en brou lekker!

Só lui ’n boodskap van tannie Flori Schrikker (65) aan een van die kopers van die nuwe kookboek Soettand.

Tannies Flori en Koelsoem Kamalie (69) se nuwe boek met resepte vir nageregte, poedings en soetgoed is gister by die Rhodes Memorial-restaurant bekend gestel.

Eksemplare van die boek was by die bekendstelling beskikbaar en die twee skrywers het gereed gekom om hul handtekeninge in dié boeke neer te pen.

Die twee is albei van Bonteheuwel en het beroemdheid verwerf toe hulle hul resepte op RSG se program Tjailatyd gedeel het. Hul eerste boek, Kook saam Kaaps, is in April verlede jaar bekend gestel.

“Altesame 14 000 is tot dusver al verkoop,” vertel Schrikker.

Hulle het ook ’n kookprogram, genaamd Flori en Koelsom se kosse, op Via gehad. Die tweede reeks word binnekort opgeneem.

Albei vroue is diabete.

Altesame 14 000 is tot dusver al verkoop.
Flori Schrikker

Op die vraag oor hoe hulle hul suikerinname beperk terwyl hulle nageregte en poedings moet maak, sê Kamalie: “Ons maak die goed vir ander mense. Ons eet nie rêrig daarvan nie, behalwe proe hier en daar.”

Schrikker se linkerbeen is weens diabetes geamputeer en Kamalie het ’n heupvervanging gehad.

Kamalie en Schrikker is baie beskeie oor hul sukses. Hul mans sê hulle is trots op hul vroue se sukses, maar dat die nuutgevonde bekendheid hulle soms nog onkant vang.

Schrikker se man, Alfonso, sê hy wag liewer vir sy vrou in die motor as om saam met haar winkelsentrums binne te gaan. “Mense stop haar vir ’n geselsie. Sy kan my bel as sy klaar is. Ek het nie geduld om te wag dat sy klaar met almal praat nie.”

Kamalie se man, Osman, sê voor hy deesdae aan die slaap raak, wonder hy wat hulle die volgende dag moet bywoon. “Ons het nou ’n besige leefstyl.”

Albei vroue het Lapa-uitgewers bedank.

Die boek is by verskeie boekwinkels beskikbaar teen R150 tot R200 per eksemplaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.