Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Fokus veral op vroue by Jozi-boekfees

Di7e negende Jozi Book Fair in Johannesburg fokus veral op vroue en letterkunde, met skrywers soos Zakes Mda en Diana Ferrus aan die woord.

Die fees, wat van Donderdag tot Sondag duur, strek ook wyer as een genre of medium met onder meer toneelstukke en rolprente wat ook aangebied word.

Dié jaarlikse boekgeleentheid word gratis op die Mary Fitzgeraldplein in Newtown, Johannesburg, aangebied en behels soos gewoonlik geleenthede vir kinders, skole en studente en slypskole, voorlesings, paneelbesprekings, die ophef van letterkunde en die kweek van ’n liefde vir boeke.

Die fees is ’n projek van Khanya College, ’n opvoedkundige nieregeringsorganisasie in Johannesburg wat op arm en werkersgemeenskappe fokus.

Die regisseur Zola Maseko se rolprent The Whale Caller, gegrond is op Mda se gelyknamige roman, word Donderdag om 18:00 vir 18:30 aangebied saam met ’n bespreking deur Mda en Maseko.

Saterdag om 11:00 is daar ’n gesprek oor die status van vroue in Suid-Afrika. Pali Lehohla, statistikus-generaal, en Kopano Matlwa, skrywer van boeke soos Coconut, Period Pain en Spilt Milk, neem hieraan deel.

Om 14:00 kom twee debuutskrywers aan die beurt: Mohale Mashigo, skrywer van The Yearning en vanjaar se ontvanger van die UJ-debuutprys vir Engelse fiksie, en Malebo Sephodi, skrywer van Miss Behave.

Daar is fotografie-uitstallings, musiekoptredes en verskeie boeke word gedurende die fees bekend gestel.

Saterdag ook om 14:00 gesels Lance Nala, Hein Willemse, Ferrus en Mda oor demokrasie in 23 Years Later: National Culture of Fracture?

Die omroeper Penny Lebyane praat Saterdag om 15:00 met die sanger Marah Louw oor haar outobiografie, It’s Me, Marah.

Sondag om 15:00 word vrouedigters se werk gelees. Dit sluit in die Keniaanse digter, dramaturg en teaterkunstenaar Shailja Patel, en Koleka Putuma, bekend vir haar debuutdigbundel Collective Amnesia.

Die slypsloke sluit in die skryf van ’n kortverhaal aangebied deur Lindsey Collen, skrywer van Rape of Sita, filosofie vir tieners deur Theresa Giorgza, die skryf van geloofwaardige tienerkarakters en die skryf van persoonlike vertellings.

* Besoek jozibookfair.org.za vir meer inligting en nog geleenthede wat die fees bied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.