Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK WEER: Francois Smith gesels oor sy verslag van drome en visioene

Skakel in vir Tafelberg en Netwerk24 se aanlyn gesprek met Francois Smith oor sy splinternuwe roman, Die getuienis – die naaswenner in die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021.

Kerneels Breytenbach gesels met hom.

Die getuienis is ’n egpaar se verslag van ’n reis. Dit is die verslag van drome en visioene, van wonderwerke en vloeke, van bloedverwantskappe en sluimerende woede.

“Hulle albei het dit tog vertel. Dit is wat sy onthou toe sy tussen ’n klomp papiere die uitdruk van ’n ou e-pos van haar kry. Wat sou van sy deel geword het? Hier het sy opgeskryf wat gebeur het. Hoe Vader hulle Ventershoop toe laat gaan het en toe alles, alles voorsien het, selfs die kar, die petrol, alles. Maar hulle het ooreengekom dat hy ook – in sy woorde – van die wonder sou getuig het, van Vader se goedheid, van die voorsienigheid. Wat het daarvan geword? Sy lees die begin van haar e-pos. Net die begin. Die res, weet sy, is en bly in Vader se liefdevolle en genadige hande.”

Die skrywer Francois Smith. Foto: Mlungisi Louw
Kerneels Breytenbach sal die gesprek lei. Foto: Brenda Veldtman

Francois Smith doseer Afrikaanse letterkunde en kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy debuutroman, Kamphoer (2014), is met die ATKV-Prosaprys en die Sala vir beste debuutwerk bekroon en sy verteling David Kramer: ’n Biografie is ook met ’n Sala-letterkundeprys bekroon.

  • Bestel Die getuienis(Tafelberg) by goeie boek- en aanlyn winkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.