Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Gaan ons almal oukei wees?

Fiksie

Okay, Okay, Okay

Finuala Dowling

KWELA, R320

Finuala Dowling is ’n skrywer wat die wisselwerking tussen woorde en waardes, tussen die skep van betekenis en die worsteling om geluk en gemeenskap te vind, uitmuntend beteken.

Sy vind telkemale ’n sonderlinge wyse om presies vas te vang hoekom ons so dikwels struikel, wat in die pad staan van ons geluk, en hoe vlietend ons bestaan eintlik is. Hier waar die vreemde die norm geword het, waar die vredebewaar maar sukkel-sukkel gaan en die “waarheid” min vrede of verligting bring.

Dowling is ’n ideale kandidaat om die “eerste weergawe van die geskiedenis” oor die Fees Must Fall-beweging te fiksionaliseer, en saam met Etienne van Heerden se Die biblioteek aan die einde van die wêreld en Ronelda Kamfer se Chinatown veel vas te vang oor die stemme van die Ander in die post-postapartheid, wat al hoe meer gereeld en meer luidrugtig tot die nasionale diskoers bydra. Met fiksie is die druk om te proklameer en om die finale woord te hê minder, die ruimtes vir brokkies waarheid wat akkumuleer dalk veel groter.

Waar Okay, Okay, Okay se titel baie verklap oor die roman se verbeelding van ’n wyd uiteenlopende groep karakters wat probeer om “okay” te wees te midde van maatskaplike verval en alomteenwoordige geweld, is daar beslis ook ’n sterk gevoel van moedeloosheid, verslaentheid en onrustigheid wat dikwels oorrompel.

Daar is beslis ook ’n sterk gevoel van moedeloosheid, verslaentheid en onrustigheid wat dikwels oorrompel.

Die herhaling van “okay”, drie maal, dui op herhaaldelike pogings om te paai, te troos, om verligting te bring, maar veral ook op ’n bitter pynlike proses waar karakters faal om die menswees en ondervindings van ander ten volle te begryp.

Dowling se hoofkarakter, Simon Landor, is die hoof van die eenheid vir “Effektiewe Kommunikasie”, en van Heerden se (anti)held in Biblioteek, Ian Brand, is ’n prokureur wat met die stuur van ’n enkele twiet hom nes Simon te midde van ’n ineenstorting van institusionele mag en orde bevind. Albei suksesvolle, wit mans wat behoorlik op hul herrie kry.

Waar Van Heerden direk verwys na die Universiteit van Kaapstad, skep Dowling die fiksionele Universiteit van Adamastor.

Adamastor is die mitologiese skepping van die Portugese digter Luís de Camões in sy epos, The Lusiads (1572), en dien as personifikasie van die Kaap van Goede Hoop, veral die onstuimige see en Tafelberg. So problematiseer Dowling die Universiteit van Kaapstad as simbool van vooruitgang, hoop en gemeenskap, en word dit in die roman ontgin as ruimte van verraad, onstuimigheid en oproerigheid.

Hoor my lied: Dowling kon nie anders as om hierdie boek te skryf nie.

Jonathan Amid is ’n vryskuttaalpraktisyn en -resensent van Stellenbosch.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.