Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Galbraith (JKR) se 4de ‘Strike’-boek op pad
JK RowlingFoto: Bruce Glikas | FilmMagic

JK Rowling, bekend om die Harry Potter-boeke, se nuwe boek, Lethal White, onder die skuilnaam Robert Galbraith, word in September uitgereik.

Dit is die vierde boek in die reeks oor die private speurder Cormoran Strike en sy assistent, Robin Ellacott. Dié keer is die twee op die spoor van ’n jong man, ’n ooggetuie van ’n misdaad. Die boek lei die leser deur die agterstrate van Londen na ’n geheime binnekamer in die parlement tot by ’n pragtige maar onheilspellende landgoed op die platteland.

Daar is ook glo nuwe wendinge in Strike en Ellacott se verwikkelde verhouding.

Daar is tot dusver altesaam sowat 1,2 miljoen gedrukte kopieë van die vorige Galbraith-boeke – The Cuckoo’s Calling, The Silkworm en Career of Evil – verkoop.

Die voorblad van Lethal White, deur Robert Galbraith, alias JK Rowling.

Voordat die Britse The Sunday Times onthul het dat Roberth Galbraith ’n skuilnaam vir Rowling is, het The Cuckoo’s Calling se verkope nog net op 1 500 kopieë gestaan.

Die BBC het die boeke in ’n televisiereeks verwerk met Tom Burke as Strike en Holliday Grainger as Ellacott.

– Bronne: BBC, Digital Spy & EW

Meer oor:  J.K. Rowling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.