Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Galgut haal 3de keer kortlys van gesogte Booker-prys
Damon Galgut Foto: Esa Alexander

Die Suid-Afrikaanse skrywer Damon Galgut het die derde keer die kortlys van die gesogte Booker-prys gehaal.

Hy pryk op dié lys vir sy roman The Promise, is Dinsdag aangekondig. 

Sy romans The Good Doctor (2003) en In a Strange Room (2010) het voorheen die kortlys gehaal.

Die Suid-Afrikaanse skrywer Damon Galgut het die derde keer die kortlys van die gesogte Booker-prys gehaal.

Hy pryk op dié lys vir sy roman The Promise, is Dinsdag aangekondig.

Sy romans The Good Docter (2003) en In a Strange Room (2010) het ook voorheen die kortlys gehaal.

‘The Promise’ deur Damon Galgut.

The Promise handel oor die Swarts, ’n wit gesin wat op ’n plaas buite Pretoria woon. Die familie kom bymekaar vir Ma se begrafnis. Die jonger geslag, Anton en Amor, verafsku alles waarvoor die familie staan, onder meer ’n leë belofte aan Salome, die swart vrou wat lank vir hulle gewerk het. Sy is haar eie huis belowe, maar die jare gaan verby en van die belofte het dadels gekom.

Galgut se eerste roman is uitgereik toe hy 17 was en sedertdien is sy werk in 16 tale vertaal. Sy boek The Quarry (1995) is verder twee keer tot rolprent verwerk.

Hy het die Sunday Times-fiksieprys vir sy roman Arctic Summer ontvang. Dit is in 2014 uitgereik en handel oor E.M. Foster, skrywer van die trefferboek A Passage to India wat per skip na Indië vertrek.

Die Suid-Afrikaanse skrywer Karen Jennings het die Booker-prys se langlys gehaal vir haar roman, An Island.Daar is ses boeke op die kortlys nadat 13 die langlys gehaal het. Die ander skrywers wat dit gehaal het, is Anuk Arudpragasam, Patricia Lockwood, Nadifa Mohamed, Richard Powers en Maggie Shipstead.

Die Booker-prys is oop vir skrywers van enige nasionaliteit wat in Engels skryf en wie se boeke in Brittanje of Ierland uitgereik word.

Die wenner word op 3 November aangekondig. 

Meer oor:  Penguin Random House  |  Booker-Prys  |  Damon Galgut  |  Johannesburg  |  Skrywers  |  Boeke  |  Letterkunde  |  The Promise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.