Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Geen kitsresep, net tree vir tree

Ver in die wêreld Kittie

Santie van der Merwe

LAPA, R230

Die gesegde ‘elke huis het sy kruis’ kry byna nuwe betekenis in hierdie deernisvolle boek van Santie van der Merwe.

En dis nie net Kittie, wat skielik ná ’n liefdesteleurstelling in Londen en in ’n finansiële verknorsing na Suid-Afrika moet terugkeer wat swaar hieraan dra nie.

Ook haar ma, wat ná haar beroerte nou deur Kittie versorg moet word en vir wie sy eintlik op die oppervlak nog nooit ooghare gehad het nie, se skouers is krom weens meer as net die beroerte.

Met ’n rou eerlikheid kyk Santie na ’n familiedinamiek en hoe die sondes van die grootouers en ouers op die kinders neerkom – om nie te praat van die skuldgevoel wat kinders met hulle saamdra nie.

Sonder onnodige tranerige, emosionele tonele werk Kittie, haar broer en suster en ook hul ma deur verwyte, wrokke, pyn en verlies wat hierdie leser tot en met die laaste bladsy geboei het.

Die hoofstukke word soms vanuit Kittie en soms vanuit haar ma se perspektief vertel, wat jou soms laat wonder by watter karakter jou simpatie nou eintlik lê.

Aan die begin van die boek klink Kittie werklik amper te goed en te handig om waar te wees, maar soos die familiegebeure ontvou, kan jy goed verstaan hoe ’n tenger vrou geleer het om van karre reg te maak tot koek te bak.

Tot aan die einde ontwyk uitgerekte sentimentele ek-is-jammer-tonele, wat die boek meer trefkrag gee.

Soos Kittie en haar suster wonder: is vergifnis ooit werklik moontlik?

Gaan daar nie altyd iets wees wat jou herinner aan hoe jy verontreg is nie?

Maar dalk kan Kittie Barnard minstens haar kruis neersit.

Of nie.

Dis die lekkerte van die boek – daar is geen kitsresep nie, net tree vir tree.

Lucia Swart-Walters is die redakteur van tvplus.

Meer oor:  Fiksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.