Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Gesoek: Digters van alle ouderdomme vir fees

Digters raak besonder produktief in afsondering, maar hul stemme moet na buite gehoor word.

Die afgelope paar jaar was die geleentheid daar om hul werk by die Gedigtefees op McGregor in die Wes-Kaap bekend te stel, maar geleenthede soos hierdie krimp. Digters hoef nie moedeloos te voel nie. Die fees word vanjaar wel van 27 tot 29 Augustus net in ’n ander gedaante gehou.

Jane de Sousa, sameroeper van die Gedigtefees op McGregor.

Die digter Rumi het die tema “Tuin van die Beminde” geïnspireer. Inskrywings word ingewag vir gedigte oor die liefde en bemindes. Volgens die organiseerders is alles welkom – van odes, elegieë en formele versvorm, tot vrye verse en kletsrym. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Julie.

Daar is vanjaar ook ’n nuwe manier waarop digters gehoor kan word. Hulle kan vir die In Absentia-afdeling inskryf met die sperdatum op 31 Julie. Inskrywings moet vergesel word van ’n foto van die digter en vyf reëls oor wat die gedig geïnspireer het. ’n Video van die gedigte gaan saamgestel word met professionele voorlesers. Dit sal aaneenlopend in ’n lokaal gespeel word vir die duur van die fees. Die meeste aanbiedinge sal in lokale by die Temenos Retreat wees.

Volgens die sameroeper van die fees, Jane de Sousa, kan enige getal gedigte ingestuur word, maar dit moet nuwe werk wees wat nog nie voorheen gepubliseer of by die fees aangebied is nie. Daar is afsonderlike afdelings vir volwassenes en digters tussen sewe en 18 jaar oud.

Die jonger digters moet gedigte inskryf wat gaan oor die bewaring van die omgewing of oor hoe daar vir ander gesorg kan word. Gedigte moenie langer as 36 reëls wees nie.

Sy is baie opgewonde oor die afdeling vir jong digters.

“Ek dink veral jong mense gaan deur ’n tyd van groot ontwrigting op sosiale en emosionele gebied. Ons sien baie daarna uit om te hoor hoe hulle dinge beleef.”

Meer as 50 digters het reeds werk ingeskryf. Daar is verskeie bekende digters op die program. Meer inligting sal later bekend gemaak word.

Die prysgeld op die spel is R5 000, R2 500 en R1 000 vir die 1ste, 2de en 3de plekke en in die skole-kategorie R2 500, R1 000 en R500. Daar is ook nog twee kontantpryse vir erkenning van skrywerspotensiaal, die Magdala- en Temenos-toekenning.

Daar is nie ’n taalbeperking nie. As ’n digter in ’n ander taal as Afrikaans of Engels skryf, moet ’n vertaling bygevoeg word. Volgens Da Sousa het hulle in 2019 selfs ’n inskrywing uit die Oekraïne gehad met Engelse vertalings daarby.

• Inskrywings en navrae kan gestuur word na info@poetryinmcgregor.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.