Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Geswore vleiseter pak heilige koeie

Fiksie

Dishonesty is the Second-Best Policy

David Mitchell

FABER & FABER, R335

David Mitchell is ’n komediant, akteur en geswore vleiseter wat nie skroom om heilige koeie te slag nie. Hy is bekend vir sy deelname aan die Britse paneelprogramme QI en Would I Lie to You en as akteur saam met sy medekomediant Robert Webb in die kultusreeks Peep Show en meer onlangs in Upstart Crow, ’n aweregse komedie oor die lewe van William Shakespeare.

In Dishonesty is the Second-Best Policy, ’n versameling rubrieke wat sedert 2014 in die Observer verskyn het, takel hy met kenmerkende vlymskerp humor en insig onder meer bekendes se dieet-giere; vegetariërs; gesigsontrimpelings; politici en die toestand van agteruitgang waarin Brittanje homself tans bevind.

Die meeste kwessies wat Mitchell aanraak, is uniek tot Brittanje. Theresa May, Boris Johnson, David Cameron en hul medepligtigheid aan die Brexit-debakel word onder die loep geneem, sowel as die Britte se volslae ontnugtering oor Brexit, klimaatsverandering, identiteitspolitiek, politieke ekstremisme en Strictly Come Dancing . . .

Alle lesers sal kan identifiseer met Mitchell se kommer oor tegnologie.

Alle lesers sal kan identifiseer met Mitchell se kommer oor tegnologie. Met die koms van die internet, slimfone en ons huidige era van “post-truth” word die onderskeid tussen die waarheid en fopnuus feitlik onherkenbaar. Algoritmes skep pasgemaakte eggo-kamers waar ons salig onbewus van ander opinies leef in ons eie sfeer van subjektiwiteit.

Daarbenewens sal jy jou kop in ongeloof skud oor die “Flat Earthers” wat, soos die naam aandui, steeds vas glo dat die aarde plat is of die “We Want Plates”-organisasie wat op ’n kruistog is teen die opdien van restaurantkos op nietradisionele oppervlakke.

Van die afgryse vir avokado-kleurige badkamers tot die belaglikheid van Boaty McBoatface, Mitchell se spitsvondige sosio-politieke kommentaar draai nie doekies om nie en lewer vermaaklike stof tot nadenke.

Sonja van der Westhuizen is ’n resensent van Stellenbosch.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.