Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Glück wen Nobelprys vir letterkunde

Die Amerikaanse digter Louise Glück is Donderdag as die wenner van die Nobelprys vir letterkunde aangewys.

Louise Glück

Glück is tien miljoen Sweedse kroon ryker en bevind haar nou in die geselskap van skrywers soos Ernest Hemingway, Doris Lessing en Boris Pasternak, wat voorheen dié prys gewen het.

Dié prys word deur die Sweedse Akademie toegeken.

Die Suid-Afrikaanse skrywers Nadine Gordimer en J.M. Coetzee het ook voorheen dié prys ontvang.

Die benoemings word nie vooraf bekend gemaak nie, maar die wenners is vooraf in kennis gestel.

Kandidate wat vir die Nobelprys oorweeg word, word aanbeveel deur mense wat deur die Nobelpryskomitee uitgenooi word. ’n Skrywer kan nie haar- of homself benoem nie.

Nog inligting volg.

Meer oor:  Boeke  |  Nobelprys Vir Letterkunde  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.