Tienerfiksie (14+)
Laaste lewe
Fanie Viljoen
Lapa, R200
Hierdie epiese werk is gegrond op Fanie Viljoen se roman The Last Time I Died, wat in 2016 deur Ransom Publishing gepubliseer is.
Die Swart Kraai het Sam se pa doodgemaak en nou het hy Sam doodgemaak. Sam is egter nie dood nie. Dié dood was die sesde van sy sewe lewens en nou het hy nog een oorblywende lewe – om terug te kom en die Swart Kraai dood te maak.
Die meesterlike Daniël Hugo het hierdie boek geïllustreer en lesers met ’n voorliefde vir die grafiese kuns sal oorrompel word deur die besondere detail van die illustrasies op elke bladsy.