Niefiksie (Misdaad)
17 maal moord
Daniël Lötter
PROTEA, R295
17 maal moord is ’n grieselrige reis na die plekke waar van Suid-Afrika se bekendste moorde gepleeg is, asook ’n hele aantal minder bekendes.
Maak kennis met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hul einde gekom het.
Daniël Lötter is ’n boorling van die Bo-Karoo, waar hy van kleinsaf die kuns van stories vertel by meesters op dié gebied geleer het.
Hy het ’n makabere belangstelling in misdaad, veral moord. Sy debuutbundel-kortverhale, Die grootpad is ’n grondpad, het vroeg vanjaar by Protea verskyn.