Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Groot lof vir Damon Galgut se boek op Booker-lys

Terwyl die skrywer Damon Galgut se jongste roman, The Promise, op die langlys van die gesogte Booker-prys pryk, kry dit groot lof van internasionale resensente en skrywers.

Dié familiesage “loop oor van lewe en is een van die beste boeke van die jaar”, skryf John Self in die Britse Sunday Times.

Damon Galgut

En terwyl Colm Tóibín, skrywer en kanselier van die Universiteit van Liverpool, in sy resensie skryf die boek het ’n verbluffende sin vir diepte, reken Tessa Hudley in die London Review of Books Galgut hou met The Promise kers vas by sy landgenote Nadine Gordimer, J.M. Coetzee en André P. Brink.

Die Amerikaanse skrywer Claire Messud skryf: “Eenvoudig: jy moet dit lees.”

Galgut is “ietwat” verbaas oor die terugvoering.

“Ek het ’n ander stem probeer vind in die boek en ek het eintlik ’n paar houe uit sekere geledere verwag, daarom is dit ’n aangename verrassing dat mense die boek so geniet. Daar is baie sterftes in die boek, ek is dus verlig dat resente ook die humor in die verhaal opgetel het, wat vir my belangrik is.”

The Promise handel oor die Swarts, ’n wit gesin wat op ’n plaas buite Pretoria woon.

Die familie kom bymekaar vir Ma se begrafnis.

Die jonger geslag, Anton en Amor, verafsku alles waarvoor die familie staan, onder meer ’n leë belofte aan Salome, die swart vrou wat lank vir hulle gewerk het. Sy is haar eie huis belowe, maar die jare gaan verby en van die belofte het dadels gekom.

‘The Promise’ deur Damon Galgut.

“Dis nie as gevolg van vorige sukses dat ek dit vreesaanjaend vind om ’n nuwe boek te skryf nie,” sê Galgut.

“Dit is ongelooflik intimiderend aan die begin van so ’n lang, uitdagende projek en dit word nie met tyd of ondervinding makliker nie. Dis ook nie in my hande of lesers daarvan sal hou of nie. Ek glo nie daar is ’n boek in die wêreld wat nie gemengde reaksie onder lesers uitlok nie; dis deel van die spel.”

Galgut se vorige roman, Arctic Summer, wat handel oor E.M. Foster, skrywer van die trefferboek A Passage to India, wat per skip na Indië vertrek, is in 2014 uitgereik.

“Ek neem altyd lank om aan die gang te kom met ’n nuwe boek omdat ek die regte stem en onderwerp daarvoor moet vind. Ek sou sê die eintlike skryf het drie jaar geneem om te voltooi, maar dis vertraag deur die draaiboek van ’n fliek. En die Covid-19-pandemie het die publikasie daarvan uitgestel. Die lewe het altyd ’n uitwerking op boeke – op sowel die skryf as lees daarvan.”

Gordimer het die Booker-prys in 1974 ontvang toe sy en die Britse skrywer Stanley Middleton dit gesamentlik losgeslaan het.

Coetzee was die eerste skrywer wat dit twee keer gewen het.

Die kortlys van die Booker-prys word op 14 September aangekondig, waarna die wenner op 3 November aangewys word.

Meer oor:  Penguin Random House  |  Damon Galgut  |  Johannesburg  |  The Promise  |  Boeke  |  Booker-Prys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.