Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Harry Kalmer bied skryfkursus in Jhb en Pta aan
Harry Kalmer

Harry Kalmer, bekroonde skrywer, dramaturg en vanjaar se wenner van die Barry Ronge Sunday Times-prys, bied in September en Oktober ’n splinternuwe tweedaagse skryfkursus aan.

Dit word op Saterdag 15 September en Maandag 24 September (Erfenisdag) in Pretoria, en op Saterdag 13 en 20 Oktober in Johannesburg aangebied.

As ervare skrywer en skryfkunsdosent glo hy daar is basiese reëls, gereedskap en vaardighede wat deur almal aangeleer en gebruik kan word om ’n beter skrywer te word.

“Dis ’n praktiese slypskool en jy sal wegstap met ’n nuwe stel ‘gereedskap’ wat jou beter sal toerus om te skryf,” sê Kalmer. “Dis twee dae wat jou gaan motiveer en inspireer om daardie boek waaroor jy al so lank oor droom te begin en te voltooi. Maak nie saak of jy ’n beginner of ’n ervare skrywer is nie. Die nuwe kursus sluit nuwe tegnieke en benaderings in wat ek ontwikkel het sedert ek die kursus in 2010 begin aanbied het en sluit ook sekere elemente uit my langer kursus oor ses weke in.”

* Die kursus duur van 09:00 tot 16:00. ’n Ligte middagete en koffie/tee is ingesluit.

* Stuur ’n e-pos aan kalmer@netactive.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Harry Kalmer  |  Boeke  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.