Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Heerlike riller vir winter wat kom

Misdaadfiksie

Crackerjack

Peter Church

CATALYST PRESS, R265

Church het reeds ongeveer ’n dekade gelede groot indruk gemaak met sy twee kookwater­rillers, Dark Video en Bitter Pill.

Crackerjack neem die oeroue “vermiste persoon”-hoek en setel dit sekuur in die kuberruim. Carla Vitale (let op die sin­gewende naam en van, ’n kenmerk van Crackerjack) word uitgesoek om Afrika se voorste onafhanklike ingenieursfirma, Supertech, te bestuur.

Wonderlik, behalwe die piepklein probleempie dat haar mentor en baas, Nial Townley, verdwyn – sy voertuig word aan die voet van Chapmanspiek gevind, en $20 miljoen uit Supertech se oorsese rekeninge onttrek. Vitale se helper in die soektog na Townley en om die “missing millions” op te spoor kom in die vorm van Daniel Le Fleur.

Ook hierdie fassinerende hoofkarakter se naam word ’n belangrike kode in ’n riller wat heel besonderse aandag aan kwessies van gender en identiteit gee.

Le Fleur is ’n kuberkraker en aanlyn makelaar.

Hy is om verskeie redes lugtig vir Vitale en haar sending. Die skrywer slaag uitstekend daarin om albei teen mekaar af te speel, terwyl daar ook prikkelende en humoristiese wendings rakende elkeen se familie en verlede geopenbaar word.

Church skakel Crackerjack met Dark Video, met intrigerende en soms skokkende tonele van geweld. Hierdie tonele is juis so interessant omdat die geweld grootliks deur ’n vrou gepleeg word.

Die kuns van Van Gogh word ’n sleutelinterteks. So ook word die wêreld van die kuberkraker vasgevang in die reeks Mr Robot, hier oortuigend en deeglik nagevors, weergegee. Is daar enigiets wat geld nie kan koop nie? Indien wel, hoe gemaak om dít wat vir ons kosbaar is te beskerm?

Crackerjack is gelade, opwindend, vlymskerp en voel dikwels vars. Wat ’n heerlikheid!

Jonathan Amid is ’n vryskut-taalpraktisyn en -resensent van Stellenbosch.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.