Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Help om leeskultuur te bevorder in Nasionale Boekweek

Sodra dit amptelik lente is, is dit tyd vir die Nasionale Boekweek – ’n aansporing om Suid-Afrikaners meer te laat lees of aan die lees te kry.

Die inisiatief, wat van 2 tot 8 September landwyd aangebied word, vier vanjaar ’n dekade en is deur die departement van kuns en kultuur in samewerking met die Suid-Afrikaanse Boekontwikkelingsraad (SABDC) begin.

’n Studie van 2010 toon dat net 14% van Suid-Afrikaners aktief lees, terwyl daar in 58% van huishoudings nie ’n enkele leesboek is nie. ’n Derde van ouers vertel nie vir hul kinders stories nie en nog 50% het nog nooit vir hul kinders ’n boek voorgelees nie. Nog kommerwekkende statistieke is dat agt uit tien gr. 4-leerlinge nie met begrip kan lees nie. Internasionale Geletterdheidsdag val op 8 September.

Elke Suid-Afrikaner moet betrokke raak om meer mense te laat lees, het Elitha van der Sandt, hoofbestuurder van SABDC, aan Netwerk24 gesê.

“Ons bied ’n platform, ’n week lange viering waaraan elke Suid-Afrikaner kan deelneem – deur lees te bevorder en boeke vrylik beskikbaar te stel aan mense om hulle.”

Sy wil hê politici, ouers, onderwysers, gemeenskapswerkers, almal moet aktief deelneem en lees as ’n prettige tydverdryf aanmoedig.

“Iemand wat gereeld lees, is ingelig en kan krities dink – so word ingeligte burgers geskep,” sê van Sandt.

In ’n mediaverklaring word genoem dat programme vir elke provinsie beplan word. Dit sluit ook in die bevordering van inheemse tale en die werk van plaaslike skrywers, programme in biblioteke en boektentoonstellings en storievertellings. Die bekendstelling van die amptelike gelukbringer Funda Bala – wat “lees, lees” in Nguni en Sotho beteken – is in die vooruitsig.

’n Oorsese studie in 27 lande toon dat kinders ’n veel groter kans op sukses in die lewe het as hulle grootword in ’n huis waar daar so min as 20 boeke is, sê Van Sandt. Daarby wys ’n verdere studie dat 64% van Suid-Afrikaners Engels verkies. “Dit is daarom van kardinale belang om boeke in inheemse tale te bevorder”.

Die bevordering van inheemse tale is dus deel van Nasionale Boekweek se bedrywighede, sê Van Sandt.

Leesfeeste in tien inheemse tale in afgeleë dele van Suid-Afrika is op die program. Dit val saam met Unesco se Internasionale Jaar van Inheemse Tale wat vanjaar gevier word.

Die publiek kan die #buyabook-veldtog by die boekwinkels Exclusive Books en Bargain Books ondersteun. “Deur ’n boek vir so min as R20 te koop en by die betaalpunt aan kinders te skenk, maak iemand reeds ’n reusebydrae,” sê Van Sandt.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.