Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Hier is die wenner van die Ingrid Jonker-prys

Die digter Saaleha Idrees Bamjee is die wenner van die gesogte Ingrid Jonker-debuutprys vir poësie.

Bamjee het dit met haar bundel Zikr losgeslaan, waarmee sy R10 000 ontvang.

Saaleha Idrees Bamjee

Die Ingrid Jonker-prys – genoem na dié digter wat in 1965 dood is – word jaarliks beurtelings aan ’n Afrikaanse en ’n Engelse debuutdigbundel toegeken – die twee tale waarin Jonker geskryf het.

Elf inskrywings is vanjaar ontvang. Die ander bundels op die kortlys was All the Places deur Musawenkosi Khanyile; Everything is a Deathly Flower deur Maneo Mohale en Skeptical Erections deur Mxolisi Dolla Sapeta.

Bamjee, ’n fotograaf en skrywer van Johannesburg, was in 2014 die wenner van die Writivism-kortverhaalkompetisie. Sy het ’n MA in kreatiewe skryfwerk aan die Rhodes-Universiteit in Makhanda verwerf.

Volgens ’n beoordelaarsverslag dig Bamjee op aangrypende wyse oor hunkering en verlies. Die vroulike liggaam – haar eie en dié van ander – word beskryf, terwyl sy die problematiek van Moslem-wees verken, met ’n viering en verering van haar geloof en die Arabiese taal.

‘Zikr’ deur Saaleha Idrees Bamjee.

Nick Mulgrew van uHlanga Press, Bamjee se uitgewer, was onmiddellik beïndruk deur die tekstuur van Bamjee se gedigte, haar fotografiese instink vir beelde en haar bedaarde ingesteldheid by die beskrywing van hartverskeurende ondervindings.

Die prysgeld word deur die Pirogue Collective geborg.

Volgens die reglement moet die beoordelaars almal gepubliseerde digters wees, aangesien dit ’n prys van digters aan digters is. Vanjaar was die beoordelaars Vonani Bila, Sindiswa Busuku en Wendy Woodward. Ronel de Goede is die sameroeper van die Ingrid Jonker-pryskomitee. Finuala Dowling is die sameroeper van die Engelse prys. Die ander komiteelede is Marius Crous, Kobus Moolman en Vincent Oliphant. ’n Voormalige voorsitter, Danie Marais, tree as raadgewer vir die komitee op.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.