Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Hier is kortlys vir Ingrid Jonker-prys

Die kortlys van die Ingrid Jonker-debuutprys vir poësie is Maandagaand bekend gemaak.

Lynthia Julius Foto: Carolyn Meads
Ryan Pedro Foto: Argief
Gisela Ullyatt Foto: Argief

Vyftien bundels is voorgelê, waaruit drie die kortlys (in alfabetiese volgorde volgens die digters se vanne) gehaal het: Lynthia Julius (vir die bundel Uit die kroes), Ryan Pedro (Pienk ceramic-hondjies) en Gisela Ullyatt (Die waarheid oor duiwe).

Die wenner word op 1 Julie aangekondig.

Afrikaanse debuutbundels wat in 2019 en verlede jaar gepubliseer is, kom in aanmerking hiervoor.

Die prys word jaarliks beurtelings aan ’n Afrikaanse of ’n Engelse debuutbundel toegeken.

Aangesien die beoordelaars van die prys volgens die reglement gepubliseerde digters moet wees, is dit ’n prys ván digters áán digters. Vanjaar is die beoordelaars Corné Coetzee, Johan Myburg en Susan Smith.

Ronel de Goede is die sameroeper van die Ingrid Jonker-pryskomitee. Die ander komiteelede is Vincent Oliphant en Marius Crous. Danie Marais, ’n voormalige voorsitter, tree as adviseur op.

Meer oor:  Danie Marais  |  Ingrid Jonker-Prys  |  Ingrid Jonker  |  Ryan Pedro  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.