Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Lapa se kortlys vir jeugromankompetisie

Die kortlys van Lapa se tweejaarlikse jeugromankompetisie is Woensdag bekend gemaak.

Die kompetisie trek dikwels groot name soos Fanie Viljoen (Afkop), Marita van der Vyver (Al wat ek weet), Jan Vermeulen (Oopmond en Asem), Nanette van Rooyen (Die 17de veer en Ek was hier) en Carina Diedericks-Hugo (Permanente ink).

Maretha Maartens
Fanie Viljoen

Nuwe stemme, soos Zelda Bezuidenhout (As mens geluk kon proe), word ook gereeld in hierdie kompetisie ontdek.

Die prysgeld is altesaam R50 000 en skrywers wat nie die top drie haal nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

Inskrywings het op 31 Oktober gesluit waarna die anonieme beoordelingsproses begin het en uit 69 inskrywings is die finaliste aangewys.

Die finaliste is (in alfabetiese volgorde):

Nerine Ahlers met Dis magic!

Nerine Ahlers en Alet Steenkamp met Die meisie met die rooi rok

Francois Bloemhof met Hier is ek

J.A. Breed met Gesnyde Liefde

Tertius Janse van Rensburg met Ek sou kon doen met ’n miljoen (of drie)

Maretha Maartens met Bethel se berg

Theresa van Baalen met Magic in die lug

Jacolet van den Berg met Hannah se vlerke

Jan Vermeulen met Baster

Fanie Viljoen met Offers vir die vlieë

Die wenners word einde Februarie op ’n glansgeleentheid in Pretoria aangekondig.

Meer oor:  Fanie Viljoen  |  Maretha Maartens  |  Francois Bloemhof  |  Jeugromankompetisie  |  Lapa  |  Boeke  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.