Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Hier is wenners van BSV se landswye skryfwedstryd

Die opvallendste kenmerk van die Bloemfontein-skrywersvereniging (BSV) se nasionale skryfwedstryd vanjaar is die groot getal reeds gepubliseerde skrywers wat deelgeneem het en dus met mekaar om ’n deel van die prysgeld van R18 000 meegeding het.

In die skoolafdeling het die Hoërskool DF Malan van Bellville en sy talentvolle jong skrywers weer die meeste trofeë opgeraap. Dit behels vier kategoriewisseltrofeë, die junior en senior trofee, die Gerhard Beukes-wisseltrofee vir die skool van die algehele skolewenner, asook die prys vir die skool met die meeste inskrywings.

Dit is wel verblydend dat ’n skool wat nog nie voorheen ’n wenner opgelewer het nie, die Hoërskool Melkbosstrand, die poësietrofee ontvang.

Al die bekroonde inskrywings, asook die beoordelaarsverslae, sal in Inkvars 2019 gebundel en op 24 Augustus bekend gestel word, dieselfde geleentheid waarop vanjaar se pryse oorhandig word.

Dit is ook die dag waarop Karin Brynard die BSV se jaarlikse slypskool vir ontluikende skrywers in Bloemfontein aanbied wat gratis deur die pryswenners bygewoon kan word. Brynard is die skrywer van onder meer Onse vaders, Plaasmoord en Tuisland.

Ander belangstellendes in die slypskool kan die BSV by bloemsv@gmail.com kontak. Die koste is R420 en R270 vir BSV-lede. Inkvars kos R100 en kan by bogenoemde e-pos-adres bestel word.

Die wenners van vanjaar se BSV-skryfwedstryd:

Skole

Prosa juniors: 1ste Emma Olivier (R1 500); 2de Suné van der Walt (R800); 3de Anja le Roux (R500) – almal van die Hoërskool DF Malan.

Prosa seniors: 1ste Jaco Wagener (R1 500); 2de Ila Alberts (R800); 3de Mari-Liza Coetzee (R500) – almal van die Hoërskool DF Malan.

Algehele prosawenner: Jaco Wagener, gr. 12 – die Hoërskool DF Malan.

Niemoedertaalprys: Refiloe Moshata (R500), gr. 11 – Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn.

Poësie: 1ste Duné van Jaarsveld (R1 500) – die Hoërskool Melkbosstrand; 2de Lané Rossouw (R800) – die Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein; 3de Kaitlin Els (R500) – die Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein.

Ope Prosa Nog nie vir vergoeding gepubliseer nie: 1ste Adelle van Wyk (R1500), Vredendal; 2de Rina Bester, Rustenburg (R900); 3de Jan Venter (R500), Houghton Estate.

Voorheen vir vergoeding gepubliseer: 1ste Leunis van Rooyen (R1 500), Brixton; 2de Leunis van Rooyen (R900).

Ope poësie: 1ste Marieta McGrath (R1 500), Somerset-Wes; 2de Leunis van Rooyen (R800); 3de Gideon Bruckner (R500), Somerset-Wes.

Die beoordelaars was die mediese spesialis en digter dr. Gilbert Gibson, prof. Dave Lubbe, dr. Anthea van Jaarsveld en dr. Manie Wolvaardt, wat al verskeie dekades ’n BSV-beoordelaar is.

Die fakulteit geesteswetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) borg die wedstryd terwyl die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) dit administreer.

Meer oor:  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.