Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Hier kan jonk en oud 137 kinderboeke gratis lees
Van die kinderboeke wat Book Dash uitgee en lesers gratis op hul webwerf kan lees. Foto: Verskaf

Book Dash, ’n plaaslike organisasie sonder winsbejag, het 137 kinderboeke op sy webwerf beskikbaar gestel wat jonk en oud gratis kan lees.

Die organisasie sê in ’n mediaverklaring hy het dié stap gedoen om verveeldheid tydens die staat van inperking hok te slaan, genot aan ouers en hul kinders te verskaf en geleenthede te skep vir vroeë onderrig en ontwikkeling deur die lees van kinderboeke.

“Die boeke is ook vir ouer sibbe ’n geleentheid om goeie geletterdheidspraktyke voort te sit, ondanks skole wat gesluit is,” lui die verklaring.

“In dié tyd, terwyl ons oor ons volgende stappe nadink, is die verskaf van boeke aan kinders ’n belegging in hul toekoms.”

Die organisasie het al die gratis kinderboeke in samewerking met “kreatiewe vrywilligers” geskep en gee dit self uit in ’n poging om te verseker dat alle kinders teen die ouderdom van vyf ten minste 100 boeke besit.

Die gratis kinderboeke is in onder meer in Afrikaans, Engels, Frans, Ndebele, Sepedi, Sotho, Spaans, Swazi, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zoeloe beskikbaar. Die jongspan kan ook kies en keur tussen prenteboeke sonder teks.

’n Beroep is gedoen op enigiemand wat die organisasie in sy kerndoelwitte kan bystaan, om bit.ly/book-dash-donate te besoek of ’n e-pos na team@bookdash.org te stuur.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Kinderboeke  |  Boeke  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.