Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Historiese boek oor Baai vanoggend bekend gestel
Die oudjoernalis Kin Bentley het die boek 200 Years, A Celebration of Port Elizabethsaamgestel.

200 Years: A Celebration of Port Elizabeth, ’n koffietafelboek oor die kleurryke geskiedenis van Port Elizabeth, word vandag om 10:00 aanlyn bekend gestel.

Die boek wat deur Kin Bentley, ’n plaaslike oudjoernalis, saamgestel en deur Jenny Bennie, ’n historikus, geredigeer is, bestaan uit 160 bladsye met meer as 850 foto’s en beskrywende teks.

Die boek word uitgegee met behulp van die GFI-galery in Port Elizabeth.

“Die GFI-kunsgalery het ’n reeks uitstallings en geleenthede vir 2020 beplan om die 200ste verjaarsdag van Port Elizabeth te vier.

Jenny Bennie (historikus en redakteur) en Dorothea Moors (Direkteur GFI-galery).

“Ongelukkig het die Covid-19-pandemie ons planne in die wiele gery. Ons moes ons deure vir ’n groot deel van die jaar sluit,” verduidelik Dorothea Moors, direkteur van die GFI-galery.

“Kin Bentley het verlede jaar die galery genader aangaande bystand vir die uitgee van sy besonderse boek.

“Die Gutsche-familie het toe besluit dat dit die perfekte geleentheid sou wees om met hierdie wonderlike uitgawe oor die bestaan en ontwikkeling van Port Elizabeth die afgelope 200 jaar dié stad se bestaan te herdenk.”

200 Years, A Celebration of Port Elizabeth kan aanlyn by www.200years.co.za/ bestel word.

Die boek kos R400.

Bentley sal gedurende die bekendstelling aanlyn beskikbaar wees om vrae te beantwoord.

Besoek www.facebook.com/GFIArtGallerySA/ om die bekendstelling by te woon.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Boek  |  Bekendstelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.