Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Hoe lig kan skyn in die skadu

Niefiksie

Dissecting Wobbles

Andrew Marshall

PORCUPINE PRESS, R240

Ironie, onsekerheid en die teenstrydighede van die lewe – ja, alledaagse manier van leef – kaart die wêreld van die gestremde. Geseënd is ons wat heupswaaiend steil trappe sonder ’n tweede gedagte bemeester. Eksistensieel in krisis is diegene wat daardie uitdaging vanuit ’n rystoel onder, voor die eerste trappie bepeins.

Ontnugtering sou daardie uitdagende oomblik beskryf, as jy mooi daaraan dink. Maar dis ’n werklikheid wat ’n jongman soos Andrew Marshall immer in die gesig staar. Hy navigeer daardie paradokse daagliks en, te oordeel na sy merkwaardige boek, doen hy dit met forse persoonlikheid.

Die duskant-dertigjarige Marshall van Johannesburg ly aan Friedreich’s ataxia of FRDA. Volgens Wikipedia is dit ’n “outosomale, resessiewe genetiese aandoening wat hoofsaaklik as ’n neurospierkwaal herken word”.

Dis een van daardie genetiese aandoenings wat in ’n familie voorkom en skielik uitslaan in ’n kind van perfek gesonde ouers. Dis ’n soort van ’n dobbelsteen-siekte. En weens die uiteindelike afloop van sy soms bitter stadige agteruitgang – wat die individu se spiere geleidelik verswak – die epitoom van die eksistensiële tragedie.

Maar Marshall is kwalik een van Shakespeare se tragiese helde. Hy het ’n boek geskryf – dink hoe moeilik dit was – en die heerlike titel is Dissecting Wobbles – This Is Just How I Roll.

Ja, die titel dui op ’n onnutsige humorsin – duidelik ’n oorlewingsmeganisme. “Wobbles” is ’n bynaam wat uit sy kinderdae kom toe niemand wis dat daar iets skeel met die seuntjie wat soos ’n eendjie waggel nie. Die titel sny na verskeie kante, maar die selfspot onderskraag ’n blink memoire waarin bitter eerlikheid die etiese skaal hoog aanslaan.

Dissecting Wobbles is ’n pragtige dokumentasie van hoe lig kan skyn as skadu’s nader sluip.

Melvyn Minnaar is ’n kunsresensent van Kaapstad.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.