Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Hoe om vryskut te werk én kop te hou

Niefiksie

Solo

Rebecca Seal

SOUVENIR PRESS, R410

Een plesier van boekresensent wees, is die boeke wat onverwags oor jou pad kom – en waar jy met vrymoedigheid aanbevelings kan maak.

Solo, deur die voormalige Observer-joernalis Rebecca Seal, verskyn op die regte tyd en regte plek en met net die regte onderwerp, die vooruitsigte van die vryskutwerker, sonder om enige doekies om te draai.

Wêreldwyd, selfs voor Covid-19, was daar ’n skuif van korporatiewe ruimtes en kantore na die meer informele opset om tuis, in ’n studio of selfs ’n kleiner gehuurde werkruimte wat gedeel word of in ’n koffiekroeg te werk.

Heelwat mense sou waarskynlik spring as die geleentheid hom voordoen, maar die voor- en nadele van vryskut wees vereis heelwat flink dinkwerk. Solo is allesbehalwe ’n vryskut-bybel wat die evangelie van die vryskutwerker verkondig.

Solo is allesbehalwe ’n vryskut-bybel wat die evangelie van die vryskutwerker verkondig.

Verwag eerder ’n eerlike, opregte, dikwels bitter snaakse en verrassend diepgaande boek wat met die uiterste gemak en ordentlike navorsing probeer om presies uit te wys watter groot en klein voordele en watter ellelange lys moontlike nadele ’n mens kan verwag, en ook watter slaggate tot elke prys vermy moet word indien daar besluit word om heeltyds vryskut te werk.

Seal benadruk: Dis hoegenaamd nie ’n maklike skuif nie, en nog minder een wat bloot op grond van die ekonomiese oorwegings gemaak kan word.

Solo bespreek in vermaaklike, onderhoudende, maklik verteerbare hoofstukke hoe en hoekom ons werk, waar ons (graag) werk en hoe vryskut-sukses kan lyk.

Lees jy Solo, is dit duidelik dat Seal ’n magdom van harde lesse uit haar ongeveer dekade as vryskutwerker geleer het en nie speel wanneer sy vertel hoe sy reeds die afgelope vyf jaar die boek konseptualiseer nie.

As jy enigsins die opsie oorweeg of reeds die sprong gemaak het, is dit die boek vir jou.

Jonathan Amid is ’n vryskuttaalpraktisyn en -resensent van Stellenbosch.

Meer oor:  Rebecca Seal  |  Resensies  |  Solo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.