Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Holm se bundel gaan jou deur die blaaie laat snel

Homo sapiens

Erik Holm

Niefiksie

IMPRIMATUR, R195

Miskien is dit tyd dat Homo sapiens besin oor sy plek tussen die ander diere . . .

Met dié wysheid in die inleiding skop Erik Holm Homo sapiens en ander diere af.

Die bundel is ’n keur uit van sy rubrieke wat oor jare heen in onder meer die Afrikaanse dagblaaie verskyn het.

Wat die bundel veral lekker maak, is dat die rubrieke kort genoeg is dat jy voor slaaptyd vinnig-vinnig aan een of twee kan peusel, maar Holm skryf so lekker en interessant dat jy kort voor lank jou “vinniglees-voorneme” laat vaar.

In agt afdelings neem Holm jou ligvoets deur onderwerpe soos “Aangebore gedrag”, “Strategieë van leef” en “Ekologiese mistastings” – om maar net enkeles te noem.

Gaan kyk ’n bietjie wat Holm oor maagwurms skryf in “Met maagwurms geseën” en hoe sekere parasiete in simbiose met mens en dier leef – en nodig en belangrik is vir wedersydse bestaan.

Maar om rubrieke uit te sonder is moeilik, want daar is ’n hele spul wat geweldig baie stof tot nadenke bied.

Een punt van kritiek: Ek is nie so seker dat die sketse (Holm se eie werk) altyd goed werk nie.

Meer oor:  Erik Holm  |  Boekresensie  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.