Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Hulle wen ATKV-Woordveertjies
Die dao van Daan van der Walt van Lodewyk G. du Plessis het vanjaar die ATKV-Prosaprys gewen

Die dao van Daan van der Walt van Lodewyk G. du Plessis het vanjaar die ATKV-Prosaprys gewen; Deon Meyer se Prooi het die prys vir spanningslektuur ingehark; en die poësieprys is aan Pieter Odendaal vir sy debuutbundel Asof geen berge ooit hier gewoon het nie oorhandig.

Die wenners van die 12de ATKV-Woordveertjies is pas bekendgemaak by ’n luisterryke geleentheid op Stellenbosch.

Oor die veelbekroonde roman Die dao van Daan van der Walt skryf die boekejoernalis Elmari Rautenbach, wat die prosaprys help beoordeel het: “As jy die beste prosaprys van die jaar moet kies, soek jy vaardigheid van skrywe, selfvertroue in die weergee van die materiaal, innovering in hoe dié weergawe verpak word, maar bo alles soek jy ’n verhaal wat jou wegvoer en nuwe wêrelde oopmaak – ook binne jou.

“En dit, en méér, is hierdie boek – verstommend genoeg ’n debuutwerk. Ek glo nie daaraan dat een boek al die pryse van die jaar wen nie. Maar dit is min dat ’n boek jou pad kruis wat so beleë is, tegelykertyd so hartseer en snaaks is, en geskryf met ’n hele lewe se perspektief van soeke en vertwyfeling.

“Hierdie is nie net my boek van die jaar nie, maar van die afgelope paar.”

Leonie van Rensburg , stigter en eienaar van Graffiti Boeke, is met ’n spesiale prys vereer vir haar passievolle toewyding aan Afrikaanse boeke en skrywers. Chanette Paul se Uit die bloue wen as beste liefdesroman en die prys vir romanse is aan Elsa Winckler oorhandig vir Blameer die skoenlapper.

Die dramaturg Philip Rademeyer wen vir beste dramateks vir sy drama Klippe wat val, en Petrovna Me­telerkampwen die prys vir niefiksie vir die biografie Ingrid Jonker.

Die Woordwysprys vir woorde­boeke en taalgidse is aan Pharos Afrikaansgids (2018) toegeken. Die samesteller daarvan is Nicol Faasen.

Die prys vir leesbevordering gaan aan die Du Toitskloof Fairtrade- mobiele biblioteek en -mediasentrum.

Die wenners van die ATKV-Kinderboekpryse, ’n kategorie waar die kinders self vir hul gunstelingboeke en -illustrasies stem, is reeds vroeër bekendgemaak en is soos volg:

Voorleeskategorie: Graad RR – 1

Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het

Illustreerder: Johann Strauss (LAPA Uitgewers) – Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3

Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Spaghetti tussen jou tone

Illustreerder: Alex van Houwelingen (LAPA Uitgewers) – Spaghetti tussen jou tone

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5

Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Max die masjien

Illustreerder: Stephen Wallace (LAPA Uitgewers) – Max die masjien

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7

Celeste Slabber-Loriston (Protea Boekhuis) – Jinx

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

Fanie Viljoen (Tafelberg) – Veldiep

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.