Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Humor in die tyd van korona

Fiksie

Coconut Kelz’s Guide to Surviving this Shithole

Lesego Tlhabi

JONATHAN BALL, R195

Humor in die tyd van korona: noodsaaklik!

Almal ken die gesegde “van lekker lag kom lekker huil”, maar hier is die omgekeerde seer sekerlik ook waar: van lekker huil kom baie lekker lag.

Soos die volk gewoond raak aan sosiale distansiëring en gegewens uit Deon Meyer se Koors al hoe minder vergesog lyk, is humor onlosmaaklik deel van ons behoud. Lag, lag om die vrees te besweer. Lag, lag om mistroostigheid te keer. Korona-memes sal ons amuseer vir ’n wyle, maar ons ook net so ver bring. Enter stage left: Lesego Tlhabi, oftewel Coconut Kelz.

Tlhabi is dalk die bekendste vir haar ongenaakbare gespot op Twitter met die DA, Helen Zille, Woolies en die vroue van Sandton.

Tlhabi is dalk die bekendste vir haar ongenaakbare gespot op Twitter met die DA, Helen Zille, Woolies en die vroue van Sandton. Daar is weliswaar diegene wat nie lekker kan snap dat haar profiel totaal en al satiries van aard is nie en alles wat sy sê heeltemal vir soetkoek opvreet, maar die vonk lê daarin opgesluit dat ’n jong swart vrou dit speel asof sy letterlik vasgevang is in ’n wit vrou se liggaam. Sy bly in Sandton, probeer net in influencer-kringe beweeg, en glo onwrikbaar in die DA.

Hierdie masker het haar vir ’n paar jaar toegelaat om skreeusnaakse vlogs en posts op Twitter te laai – en om die wind uit die seile van ’n hele klomp bekendes en bekende handelsmerke te haal.

Dit was sowaar ’n meesterskuif om hierdie boekie – maklik verteerbaar op ongeveer 175 bladsye en in twee dele opgedeel, “Look the Part” en “Live the Part” – in ’n klimaat van wantroue in politici en heelwat onvergenoegdheid met identiteitspolitiek uit te gee.

Tlhabi skryf gemaklik en uiters tong in die kies oor identiteit, ras, rykdom en sosiale mobiliteit. Sy bekap die boom van vooroordeel met ’n vlymskerp byl. Sy herinner elkeen van ons om minder egoïsties en meer empaties te wees.

Jonathan Amid is ’n vryskuttaalpraktisyn en -resensent van Stellenbosch.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.