Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Hygend hert! WAT sê Nic alles?
Nic de JagerFoto: Edrea du Toit

Nic de Jager – omroeper, akteur, regisseur en aanbieder van Nic se goed op RSG – is op 8 September die gas by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Woordpret. Hy beantwoord ’n paar vrae oor woorde.

Wat is jou gunstelingwoorde?

Smoesie. Krakeel. Hygend hert. Meedoë.

Watter is jou gunstelingvloekwoorde?

Wil jy regtig weet? Ek sal geëkskommunikeer word.

Indien jy ’n troeteldier het, wat is sy naam en hoe het jy dit gekies?

Toe ek my eerste Jack Russell gekry het, wou ’n pel van my sy pa vereer. Om die hond Rassie te noem, sou nie goed wees nie, en hy is toe Raspoetin gedoop. Raspoetin se eerste dogter moes toe in die Russiese omgewing benaam word. Ek het eers later agtergekom dat Bertus haar as Aleksandra Romanof geregistreer het. Ons het haar toe maar Lexi genoem – gedagtig aan die Russiese vabond se minnares. Raspoetin is nou al die brug oor, maar Lexi is nog hier.

Dieselfde as bogenoemde vir die persoon naaste aan jou hart?

Die naaste aan my hart is nie ’n persoon nie. Dis ’n wese – my Jacky, Lexi. Sy’s haar pa se dogter en gee net liefde.

Is daar ’n woord wat jy wil nekomdraai en hoekom het jy ’n hekel aan die woord?

Daar is ’n paar. Knus. Southappies. Huidiglik. Die eerste twee is kerkbasaarwoorde wat met ’n moesiemondjie uitgespreek moet word en die derde is bloot lelik.

Benewens pappa en mamma wat is die derde woord wat ’n baba eerste behoort te sê?

Lotto-wenkaartjie.

Watter woord druk vreugde die beste uit?

Ongebreidelde kreatiwiteit.

Watter woord beeld hartseer die beste uit?

Verstokte dogma.

Het jy al self ’n woord gemaak en wat is dit?

Verwys na vloekwoorde.

* Die geleentheid vind plaas in die buro van die WAT, Banghoekweg 115, Stellenbosch. De Jager sal van sy gunstelingmusiek speel en daaroor gesels. Johan Erasmus van Glen Carlou sal van die landgoed se uitsoekwyne kom bekend stel. Wyn, sap en ligte verversings is van 12:30 beskikbaar waarna De Jager om 13:00 aan die beurt kom. Die program duur ongeveer 45 minute.

* Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 mense. Bel Cecile of Tanja voor of op 6 September by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.