Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Inskrywings vir Helgaard Steyn-prys ingewag

Die prestigeryke Helgaard Steyn-prys word vanjaar aan die skryfkuns gewy waarvoor Afrikaanse boeke in aanmerking geneem word wat van 2016 tot 2019 gepubliseer is.

Willem Anker het in 2016 die Helgaard Steyn-prys vir sy roman, ‘Buys’ ontvang. Foto: Netwerk24

Dié geldprys, een van die grootstes in Suid-Afrika, word in ’n vierjaarsiklus toegeken vir skilderkuns, musiek, beeldhoukuns en die skryfkuns.

In die geval van die skryfkuns moet uitgewers, en nie die skrywer nie, “woordkunspublikasies” vir beoordeling voorlê.

Volgens die Helgaard Steyn-trustakte kan mense van enige geslag of ras vir die prys in aanmerking kom, mits hy of sy in Suid-Afrika gebore is of minstens twee derdes van sy of haar lewe in Suid-Afrika gewoon het.

Drie beoordelaars vorm die paneel, waarvan een van die Universiteit van die Vrystaat en een van die Noordwes-Universiteit moet wees. Vanjaar is dit prof. Bernard Odendaal (NWU) en prof. Henning Pieterse (UV) wat dan die taak het om die derde beoordelaar aan te wys.

Die Helgaard Steyn-trust spruit uit die boe­del van dr. Jan Steyn wat ’n volksraadslid vir Potchefstroom en direk­teur van maat­skap­pye in die Rembrandt-groep was, wat die trust na sy pa vernoem het. Helgaard Steyn was ’n lid van die provinsiale raad van Bloemfontein en ’n jonger broer van pres. M.T. Steyn van die destydse Oranje-Vrystaat.

Van die vorige skryfkunswenners is Willem Anker vir Buys (2016), PG du Plessis vir Fees van die ongenooides (2012), Marlene van Niekerk (Agaat, 2008) en Hermann Giliomee (Die Afrikaners, 2008).

Karel Schoeman was in 1988 die eerste ontvanger van die prys vir ’n Ander land. Daarna het John Miles, Breyten Breytenbach, John Kannemeyer en Dan Sleigh gevolg.

  • Inskrywings moet voor 30 Mei per e-pos gestuur word aan Vincent Eastes (vincent.eastes@nwu.ac.za), wat vanjaar as koördineerder van die toekenningsproses optree.
Meer oor:  Letterkunde  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.