Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK WEER: Jaco Fouché gesels oor bekroonde nuwe boek

Human & Rousseau en Netwerk24 het aanlyn met Jaco Fouché gesels oor sy splinternuwe roman, Simoelégri: Stad van onrus, wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd vir 2021. Nèlleke de Jager het die gesprek gelei.

Jaco Fouché was aanlyn met Nèlleke de Jager in gesprek oor sy nuwe roman, 'Simoelégri: Stad van onrus'.

Die gesprek het gratis hier op Netwerk24 plaasgevind.

Fouché word beskou as een van die mees onderskatte skrywers in Afrikaans. Dié boek is ’n deurbraak op vele vlakke – net so aangrypend soos sy debuutroman, Ryk van die rawe.

Meer oor Simoelégri: Stad van onrus deur Jaco Fouché:

Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ’n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het in hierdie buurt beland, nadat die virus en toe nog rampe tot maatskaplike onrus gelei het.

In ander streke is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar en jou enigste bron van hitte ’n konkavuur.

In Simoelégri heers gerugte van groter onrus en geweld.

In Simoelégri sak die strukture stadig inmekaar.

’n Aangrypende roman deur Jaco Fouché, skrywer van onder meer Die ryk van die rawe en Aanspreeklikheid.

Simoelégri (Human & Rousseau) deur Jaco Fouché kan by goeie boek- en aanlyn winkels bestel word. Dit is ook as ’n e-boek beskikbaar.


Meer oor:  Splinternuwe Roman  |  Boekgesprek  |  Jaco Fouché
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.