Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Jaco Jacobs wen 3 ATKV-Veertjies vir kinderboeke
Die gewilde kinderboekskrywer Jaco Jacobs het drie ATKV-Veertjies gewen vir sy kinderboeke.

Die gewilde kinderboekskrywer Jaco Jacobs blink uit onder die ATKV-kinderboekpryse wat pas bekend gemaak is.

Dié wenners word jaarliks deur kinders self beoordeel en die kompetisie is enig in sy soort in Suid-Afrika.

Hy wen drie pryse vir sy boeke. Die pryse vereer jaarliks die gewildste Afrikaanse kinderboeke.

Vanjaar se wenners is:

Voorleeskategorie: gr. RR tot gr. 1

Die omslag van Jaco Jacobs se Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het.

Jaco Jacobs (Lapa Uitgewers) – Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het;

Illustreerder: Johann Strauss (Lapa Uitgewers) – Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het.

Selfleeskategorie: gr. 2 tot gr. 3

Skrywer: Jaco Jacobs (Lapa Uitgewers) – Spaghetti tussen jou tone;

Illustreerder: Alex van Houwelingen (Lapa Uitgewers) – Spaghetti tussen jou tone.

Die omslag van Jaco Jacobs se Spaghetti tussen jou tone.

Selfleeskategorie: gr. 4 tot gr. 5

Skrywer: Jaco Jacobs (Lapa Uitgewers) – Max die masjien;

Illustreerder: Stephen Wallace (Lapa Uitgewers) – Max die masjien.

Selfleeskategorie: gr. 6 tot gr. 7

Skrywer: Celeste Slabber-Loriston (Protea Boekhuis) – Jinx.

Die omslag van Jaco Jacobs se Max die masjien.

Selfleeskategorie: gr. 8 tot gr. 10

Skrywer: Fanie Viljoen (Tafelberg) – Veldiep.

Die wenners ontvang hul pryse op 6 September tydens ’n spoggeleentheid in die Adam Small-teater, Stellenbosch.

Meer oor:  Kinderboeke  |  Jaco Jacobs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.